Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
H&M jammer oor advertensie

Die Sweedse klerewinkelgroep H&M moes Maandag noodgedwonge verskoning vra nadat ’n swart kind gebruik is as ’n model vir ’n sweetpakbaadjie met die slagspreuk “Coolest monkey in the jungle”.

Die maatskappy het die advertensie van sy webwerf verwyder nadat honderde sosialemediagebruikers hom van rassisme beskuldig het, berig CNN Money.

H&M gaan egter voort om die kledingstuk aanlyn te verkoop.

“Die foto is van alle H&M-kanale verwyder en ons vra om verskoning aan enigiemand wat aanstoot geneem het,” sê Anna Eriksson, H&M-woordvoerder.

Die foto van die kind in die sweetpakbaadjie het op die Britse weergawe van dié Sweedse handelaar se aanlyn winkel verskyn.

Sosialemediagebruikers het uitgewys dat wit kinders die modelle vir twee ander soortgelyke baadjies was. Op die een staan “Survival Expert” en op die ander een is tekeninge van diere.

“Handelsmerk/kunsdirekteure kan in 2018 regtig nie meer so nalatig wees en ’n gebrek aan bewustheid toon nie. Ons moet beter vaar,” sê Alex Medina, ’n ontwerper, op Twitter. 

Hy is een van talle wat hul verontwaardiging oor die advertensie uitgespreek het.

Bekendes het hulle ook tot die sosiale media gewend.

Puff Daddy, oftewel P. Diddy, ’n Hollywood-akteur en sanger, skryf op Twitter: “Betoon respek! As jy na ons kyk, maak seker dat jy vorstelikheid en supernatuurlike God-gegewe glorie sien! Enigiets anders is oneerbiedig.” 

H&M is nie die eerste maatskappy wat oor rassistiese advertensies in die moeilikheid beland het nie.

Soos CNN berig het, moes Dove, ’n Unilever-maatskappy, in Oktober om verskoning vra vir ’n sosialemedia-inskrywing wat as ’n vernedering vir swart vroue beskou is.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.