Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Hoe getjarra moet jy wees om jou hond én kar te verloor?

’n Kuier by ’n watergat in Middelburg, Mpumalanga, was blykbaar net te lekker.

Want toe Quintin Bernardio sy oë die volgende oggend oopmaak, was sy bakkie, met sy hond daarin, skoonveld. Hy kon ook nie sy sleutel kry nie.

Quintin Bernardio, sy hond, Jock, en sy bakkie is Woensdagmiddag laat herenig. Foto: Gerhard Rheeder, Middelburg Observer

Boonop kon hy nie onthou wie die vriende was saam met wie hy Dinsdagaand gekuier het nie.

Uit desperaatheid het Bernardio die plaaslike koerant, die Middelburg Observer, gevra om sy goudkleurige Mitsubishi Triton-bakkie en sy pitbull, Jock, te help opspoor.

Dié koerant het die gemeenskap Woensdag aanlyn gevra om te help soek, met Bernardio se selfoonnommer daarby.

Hy kon nie aan die koerant bevestig of sy hond in die bakkie was toe hy dit geparkeer het nie.

Hy het aan die Middelburg Observer gesê hy weet ook nie wat die bakkie se registrasienommer is nie omdat hy dit nog net ses maande het.

Bernardio wou Woensdagmiddag ’n klag van motordiefstal by die polisie indien.

Groot was sy verbasing toe die polisie vir hom sê sy bakkie staan nie net naby die polisiekantoor geparkeer nie, maar dat hy self die vorige aand daarmee daarheen gery het. Teen 16:00, nadat Bernardio ’n spaarsleutel vir die bakkie opgespoor het, was die hond en baas herenig.

Brig. Leonard Hlathi, polisiewoordvoerder van Mpumalanga, het gister aan Rapport gesê hoewel die polisielede die voertuig kon sien, is dit nie so maklik om van die polisiekantoor af te sien of daar iets of iemand binne-in is nie. “Daar is ’n baie groot hospitaal reg oorkant die polisiekantoor en heelparty motors parkeer dag en nag daar. Die parkeerplekke reg voor die polisie­kantoor is vir polisievoertuie gereserveer.

“Die skofbevelvoerder, lt.kol. Da Silva, kan die voorval nie onthou nie. Omdat daar nie ’n saak ingedien is nie, kan ek ook nie met sekerheid sê met watter polisielid Bernardio gepraat het nie.”

Bernardio se selfoon is sedert Woensdag afgeskakel.

Meer oor:  Quintin Bernardio  |  Middelburg  |  Dronkenskap
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.