Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Hoë pryse op Pik Botha-veiling behaal
Die lewenspas van die Suid-Afrikaanse Spoorweë wat aan wyle oudmin. Pik Botha geskenk is, is vir R11 000 opgeveil.Foto: Verskaf

Twee nasionale ordes wat aan wyle oudmin. Pik Botha toegeken is, is op ’n veiling in Pretoria vir onderskeidelik R85 000 en R72 500 verkoop.

Die Orde van Goeie Hoop is vir R85 000 verkoop en die Dekorasie vir Voortreflike Diens vir R72 500, sê Michael Bernardi, afslaer van Bernardi Auctioneers.

Hy sê die veiling, wat die naweek gehou is, was ’n baie groot sukses, maar wil nie sê hoeveel geld ingevorder is nie.

Net enkele van die meer as 300 items is nie verkoop nie.

Botha, wat laat verlede jaar in die ouderdom van 86 jaar dood is, was die langsdienende minister van buitelandse sake ter wêreld.

Wyle oudmin. Pik Botha Foto: Argief

Die artikels wat onder die hamer gekom het, was aandenkings wat Botha oor dekades in die loop van sy loopbaan bymekaargemaak het en wat nie vir sy kinders

van sentimentele waarde is nie, het dr. Roelof Botha, ’n seun van Botha, vroeër gesê.

“Ons het besluit om dit van die hand te sit omdat dit meer waarde gaan inhou vir ’n versamelaar.”

’n Lewenspas vir die Suid-Afrikaanse Spoorweë van nege karaat goud is vir R11 000 opgeveil, sê Bernardi.

’n Borsbeeld van die voormalige eerste minister genl. Jan Smuts is vir R20 000 van die hand gesit.

Van die ander items wat onder die hamer gekom het, is boeke met persoonlike boodskappe aan Botha deur onder andere oudpres. Nelson Mandela, Chester Crocker, voormalige Amerikaanse adjunkminister van buitelandse sake vir Afrika, dr. Henry Kissinger, langsdienende Amerikaanse minister van buitelandse sake, adv. George Bizos, en die skrywers Harold Serebro en Andrei Urnov.

Die boek Mandela – The Authorised Portrait is vir R34 000 verkoop.

Dié boek wat oudpres. Nelson Mandela aan oudminister Pik Botha geskenk het, is vir R34 000 op ’n veiling verkoop.

In dié boek begin Mandela sy inskrywing in Afrikaans met “Aan Pik Botha” en skryf dan die res van die boodskap in Engels: “Thanks for the many years of kindness.”

Francois Bekker, ’n Tshwane-metroraadslid wat ’n groot belangstelling in Botha gehad het, het ’n stel van twee briewemesse gekoop.

“Ek het R1 900 daarvoor betaal en eers later vasgestel een van die messe het ’n Beierse muntstuk van 1795 op.

“Ek sou graag van die boeke wou koop, maar die pryse was te hoog,” sê Bekker.

Hy meen daar was groot belangstelling in die veiling juis omdat items van Pik Botha opgeveil is.

“Dit was baie spesiaal. Die saal was vol mense en daar was mense wat bereid was om hoë pryse te betaal,” sê Bekker, wat op die veiling gevra is om soos Botha te praat.

Meer oor:  Pik Botha
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.