Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Hoender se groot eier toe ’n trippeldoor
Oupa Arrie Kruger by Hoender. Hy het Donderdagoggend haar groot trippeldoor-eier vir ontbyt gekry. Foto: Verskaf

Dit gaan goed met Hoender, die Vrystaatse hen wat die groot eier van 120 g gelê het. En intussen blyk dit dié eier was ’n trippeldoor met drie eiergele binne-in.

Ruben Arnold Kruger (26), ’n hoenderboer van Brandfort, is doodtevrede met die reaksie wat die berig oor dié groot eier ontlok het.

“My hele familie het my gekontak. Hulle het daarvan gepraat oor die radio en ek was in Volksblad, Beeld en Die Burger.”

Sy ouma Susan Kruger vertel dat mense van oor die land heen gebel het omdat hulle so beïndruk met Hoender en haar eier is.

“Maar niemand weet eintlik waar Brandfort is nie,” sê sy laggend.

Hoender, die jaar oue Lohmann-Brownhen, het Dinsdag die groot eier gelê wat die land laat gons het.

En die eier het ook vir die Krugers geluk gebring.

Ruben Arnold se oupa Arrie Kruger, wat sedert Sondag in die Mediclinic Bloemfontein gelê het, is intussen ontslaan en sterk by die huis aan.

Die Krugers het gedink dit sal ’n goeie idee wees om Hoender se groot eier Donderdagoggend vir oupa Arrie vir ontbyt gaar te maak.

Die eier het drie eiergele binne-in gehad en die familie was hoog in hul skik met hierdie “trippeldoor”.

“Hy sê dit was vreeslik lekker,” sê ouma Susan.

Meer oor:  Hoender
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.