Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Hoenders neem snelweg oor ná botsing

Sowat 40 hoenders is dood nadat die hokke waarin hulle vervoer is op die N1-snelweg by die Allandale-afrit in Midrand van ’n vragmotor afgeval het.

Die hokke, waarin sowat ’n 100 hoenders vervoer is, het afgeval toe dié vragmotor met twee ander vragmotors gebots het, sê hoofsupt. Wayne Minnaar, woordvoerder van die Johannesburgse metropolisie.

Die voorval het omstreeks 12:00 gebeur in die suidelike rigting op die N1 ná die afrit.

Lede van die Dierebeskermingsvereniging het omtrent 60 hoenders gered, wat oor die snelweg gehardloop het, sê Minnaar.

Drie bane was tydelik vir verkeer gesluit, maar is intussen heropen.

Niemand is beseer nie.

Meer oor:  Dierebeskermingsvereniging  |  Midrand  |  Hoenders  |  Botsing
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.