Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Hoeveel mense is regtig dood oor Paastyd?

Is daar werklik vanjaar minder mense oor die Paasnaweek in ongelukke dood as in die vorige jaar?

Dit is die vraag nadat aangekondig is dat 104 mense oor dié langnaweek in padongelukke gesterf het.

Volgens die nasionale departement van vervoer se syfers, wat vandeesweek bekend gemaak is, is dit egter glo nog net die voorlopige syfers.

Verskille in die nasionale syfers en in dié van ander provinsies het aan die lig gekom en is onder die aandag van die nasionale departement gebring.

Vroeër is berig dat 33 mense gedurende die Paasnaweek in die Wes-Kaap in padongelukke gesterf het.

Heelparty minder sterftes is egter aangemeld by die nasionale departement, wat ’n sterftesyfer van nege van 18 tot 21 April vir dié provinsie gegee het.

Ishmael Mnisi, ’n woordvoerder van die departement, het teen Donderdag nie op navrae gereageer nie.

Hy is ook gevra hoekom gevalle op 22 April nie in berekening gebring is nie.

Die ongelukstoneel op die N1 tussen Edenburg en Trompsburg waar twee voertuie reg van voor gebots het. Foto: Verskaf

Volgens die nasionale syfers het 104 mense in 80 ongelukke omgekom. In Limpopo, waar die meeste sterftes aangemeld is, is 27 mense dood. In KwaZulu-Natal is 21 sterftes aangemeld, in Mpumalanga 14 en in Gauteng is 12 mense dood. In die Wes- en die Oos-Kaap is onderskeidelik nege mense in padongelukke dood en in Noordwes agt. In die Vrystaat en Noord-Kaap het onderskeidelik twee mense gesterf.

Kenny Africa, Wes-Kaapse verkeershoof, het Donderdag by navraag gesê daar sal eers gewag word op die nasionale departement om duidelikheid oor die syfers te gee.

Sam Zwane, woordvoerder van die Padverkeersbestuurskorporasie, sê dit is die internasionale gebruik om 30 dae te wag voordat die finale syfers bekend gemaak word.

Volgens hom word beseerdes wat later sterf ook dan by die finale syfers ingereken.

Zwane sê ook hy dink die departement het vanjaar net vier dae se sterftes getel. In 2018 was die Paasnaweek in ’n skoolvakansie en moes tien dae se syfers dus in ag geneem word.

Meer oor:  Paasnaweek  |  Kenny Africa  |  Padsterfte  |  Ongelukke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.