Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Hofmeyr in onderonsie oor ‘white trash’
Steve HofmeyrFoto: Lisa Hnatowicz
’n Skermgreep van Albertus van Wyk se twiet.Foto: Facebook

Sosiale media het gegons ná ’n twieter Steve Hofmeyr se ondersteuners as “white trash” bestempel het.

Albertus van Wyk, besturende redakteur van Landbouweekblad, het dít verlede week getwiet nadat die sanger getwiet het oor Paul Kruger se standbeeld wat op Kerkplein deur lede van die EFF aan die brand gesteek is gedurende betogings in Pretoria.

My wedersydse respek vir ander se kultuur en geskiedenis stop vandag hier
Steve Hofmeyr

“My wedersydse respek vir ander se kultuur en geskiedenis stop vandag hier. Julle verdien dit nie. Van hier af aan: minagting,” het Hofmeyr verlede Woensdag getwiet.

Van Wyk het vir Hofmeyr gevra wie gee om wat hy dink, waarna Hofmeyr teruggekap het na Van Wyk en gesê het hy (Van Wyk) het net 600 volgelinge. Van Wyk het hierop gereageer: “Ten minste is hulle nie almal white trash nie.”

In ’n verklaring wat Van Wyk sedertdien in sosiale media gedeel het, het Van Wyk gesê hy het die opmerkings in sy persoonlike hoedanigheid gemaak en nie as werknemer van die tydskrif nie. Van Wyk het gesê Hofmeyr se gevoel teenoor ander kulture was “drasties” en hy het “in die hitte van die oomblik” gereageer.

“Ek is daaroor jammer en ek vra persoonlik om verskoning vir enigiemand wat daardeur beledig is. Ek wil egter dit duidelik stel dat ek op geen stadium na wit mense, Afrikaanse mense of boere as ’n groep verwys het as ‘white trash’ nie. Ek sal dit nooit as te nimmer doen nie.”

Hofmeyr het gesê hulle hou dop wie die redakteurs van koerante en tydskrifte is, want hulle is “abnormaal sensitief” en wil weet hul belange is belangrik vir redakteurs.

“As ’n redakteur van die Landbouweekblad voel die helfte van sy lesers is ‘white trash’, dan weet ons ons is in die verkeerde hande.”

Hofmeyr het gesê mense moet nie hulle frustrasie op die tydskrif uithaal nie.

“Ek is al die mees geboikotte wit man in Afrika en ek verwag wanneer ander mense sulke goed kwytraak, veral oor hulle eie mense, verdien hulle ’n bietjie straf.

“Ek dink ons almal moet ons woorde in sosiale media tel, en dit geld vir hom ook.”

Chris Burgess, redakteur van Landbouweekblad, het gesê dis “jammer” die tydskrif word by die twis betrek en die mensehulpbronbestuur ondersoek die twis.

“Ons bemoei onsself met landbou, nie met politiek nie. Wanneer ons ’n politieke siening uitspreek, dan is dit ’n siening waarmee almal kan saamstem, soos die afbrand van universiteite of minister Pravin Gordhan.

“Dit breek ons hart dat daar nou hierdie insinuasie is dat Landbouweekblad ons lesers te na gekom het. Ons dra boere op ons hande. Ons is hier om die boere te dien.”

Meer oor:  Steve Hofmeyr  |  Albertus Van Wyk  |  Media
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.