Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Hommeltuie, lyfkameras op paaie ingespan

Die departement van vervoer gaan lyfkameras en hommeltuie inspan om padsterftes oor die Paasnaweek te probeer beperk.

Dikeledi Magadzi, adjunkminister van vervoer, het Maandag op die bekendstelling van die landwye Paasfees-padveiligheidsveldtog in Noordwes gesê die hommeltuie sal die departement help om motoriste te identifiseer wat roekeloos en te vinnig ry. Verkeersbeamptes sal dan ontplooi word om hierop te reageer. Daar word egter nog met belanghebbendes beraadslaag om te verseker dat bewyse wat deur die gebruik van hommeltuie ingesamel word, toelaatbaar is en tot ’n hoër skuldigbevinding kan lei.

“Meer mense sal gedurende Paasfees op die paaie wees en die landgrense binnekom, veral weens kulturele en godsdienstige aktiwiteite. Padgebruikers moet die padreëls met dieselfde ywer as die (Covid-19-)gesondheidsregulasies nakom,” sê Magadzi.

In 2020, ondanks die harde inperking en reisbeperkings, is 38 mense op die paaie dood. Oor hierdie tydperk word gewoonlik sowat 230 padsterftes aangeteken.

“Die nuwe tegnologie, wat Maandag bekend gestel is, gaan wetstoepassers help om doeltreffender te werk,” sê Magadzi.

Die departement gaan ook vir beamptes lyfkameras gee om hulle te help in die versameling van bewyse en om die skuldigbevindingskoers vir padverkeersoortredings te verbeter.

“Soos die Padverkeersbestuurskorporasie die volgende drie tot vyf jaar die gebruik van lyfkameras uitbrei, beoog ons om diensvlakke te verbeter.

“Hierdie kameras sal as afskrikmiddel vir korrupsie dien en sodoende beamptes verhinder om omkoopgeld van motoriste te vra of te aanvaar. Elke interaksie wat ’n beampte met ’n motoris het, word opgeneem.

“Dus is daar geen wegkruipplek vir diegene wat bo hul vermoë leef en hul leefstyl ten koste van wetsgehoorsame padgebruikers deur middel van omkoopgeld finansier nie.”

Meer oor:  Dikeledi Magadzi  |  Hommeltuie  |  Paasnaweek  |  Verkeer
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.