Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Hond en sy boerbok-maat onafskeidbaar

’n Ongewone vriendskap tussen ’n boerbok en ’n hond by die plaaslike dierebeskermingsvereniging het diereliefhebbers behoorlik gaande.

Marietjie en haar beste maat, die boerbok Grietjie, by die Garden Route-dierebeskermingsvereniging in George. Foto: Garden Route DBV

Grietjie, die boerbok, en Marietjie, ’n pointer-kruising, is onafskeidbaar, sê Andrea Auerbach van die Garden Route DBV in George.

Die twee is in Maart by ’n vakansieoord in George gekry.

“Ons het talle klagtes van die oord gehad oor honde en ’n bok wat daar rondhardloop,” sê Auerbach. “Ná ’n hele paar probeerslae om hulle te vang het ons byna tou opgegooi, maar op ’n dag kon personeellede die bok en die hond in ’n rondawel inlok en het hulle ons gebel. Niemand weet waar die twee vandaan kom nie en niemand het hulle kom opeis nie.”

Die twee is na die DBV gebring waar hulle alles saamdoen. Hulle slaap in een hok, loop, eet en speel saam.

Volgens Auerbach het hulle probeer om die twee te skei, maar verniet.

“Marietie tjank verskriklik as Grietjie nie by haar is nie, en Grietjie skree weer blou moord as Marietjie nie daar is nie,” sê sy.

Die ongewone maats het heelwat belangstelling onder die publiek ontlok en dit lyk of hulle binnekort aangeneem sal word en ’n nuwe tuiste sal kry.

“Ons is besig om die aanneming deur mense op ’n kleinhoewe te finaliseer,” sê Auerbach.

Vir meer inligting oor nog diere wat by die DBV aangeneem kan word, besoek die Garden Route Facebookblad of  besoek die DBV by Ossie Urbanweg in George se nywerheidsgebied.

Hier by Marietjie en Grietjie is Vanessa Lucas (links) en Andrea Auerbach van die Garden Route-dierebeskermingsvereniging in George.Foto: Garden Route DBV
Marietjie en Grietjie doen alles saam, volgens die Garden Route-dierebeskermingsvereniging in George. Foto: Garden Route DBV
Meer oor:  George  |  Hond
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.