Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Hond het dalk in see verdrink

’n Gesin van Oos-Londen se geliefde bokser-hond het Sondag vermoedelik op Orient-strand verdrink.

Craig Lambinon, nasionale woordvoerder van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI), sê die gesin het die NSRI Sondagoggend ontbied.

Hulle is ingelig dat die hond weggeraak het terwyl hy op die rotse langs die kuslyn gespeel het.

Volgens die familie het hul twee bokserhonde saam gespeel, waarna die een net verdwyn het.

Lambinon sê die NSRI het hul reddingsvaartuig en van hul reddingspersoneel wat met opleiding besig was na die toneel gestuur.

’n Soektog is begin na die hond, wat vermoedelik deur die branders in die see meegesleur is.

“Ongeag ’n uitgebreide soektog is daar geen teken van die hond nie. Dit is hartseer,” sê Lambinon.

Meer oor:  Hond  |  Oos-Londen  |  Verdrink
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.