Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Hond nog weg ná ongeluk waarin twee vroue sterf
Bennie van der Merwe en sy geliefde Jessie. Jessie het weggehardloop ná ’n ongeluk op die N1 in die Vrystaat. Foto: Facebook

’n Inwoner van Boksburg het Vrydag by Vrystaters gepleit om hom te help om na sy hond te soek nadat sy vrou en skoonma in ’n motorongeluk buite Winburg dood is.

Die hond het ná die ongeluk weggehardloop.

Aletta van der Merwe (47) Foto: Facebook

Bennie van der Merwe se suster, Roline Labuschagne, sê dit sal vir haar broer baie werd wees as mense kan help om Jessie, ’n optelhond, op te spoor.

Van der Merwe was self in die motor, maar is nie beseer nie.

“My broer is so lief vir die hond, hy sal haar graag wil opspoor,” sê Labuschagne.

Sy het begin huil toe sy vertel hoe hulle op Colesberg oorgeslaap het omdat sy, haar broer en haar skoonsuster, Aletta (47), die naweek saam op hul familieplaas buite die dorp sou kuier.

Labuschagne woon op Middelburg, Kaap.

Elsie van Straaten (74), Aletta se ma, sou in Bloemfontein by haar broer gaan kuier.

Elsie van Straaten (74)Foto: Facebook

Jessie is nog soek nadat sy buite Winburg van ’n ongelukstoneel af weggehardloop het. Foto: Facebook
Jessie, die hond wat ná ’n ongeluk weggehardloop het.Foto: Facebook

’n Vragmotor se vrag het volgens Hillary Mophete, woordvoerder van die Vrystaatse paaiedepartement, buite Winburg op die N1 naby die Virginia-aansluiting afgeval.

Mophete sê dit blyk dat die bestuurder van die voertuig waarin die Van der Merwe-egpaar gery het, beheer daaroor verloor het en dit omgeslaan het.

Die N1 was ure lank gesluit vir opruimingswerk.

Labuschagne sê daar was drie honde in die voertuig. ’n Worshondjie is dood, terwyl ’n Schnauzer weggehardloop het, maar weer gevind is. Iemand het dié hond aan die Dierebeskermingsvereniging (DBV) in Virginia oorhandig.

Jessie, of Plaashond, soos die familie haar noem, is nog soek. Volgens mense op die toneel het Jessie in Winburg se rigting gehardloop.

“ ’n Mens is gebreek ná so iets, ons is ’n hegte familie, ons ouers is al oorlede en ons het graag saam gekuier.”

Aletta en haar ma, Elsie, is oorspronklik van Bloemfontein. Die Van der Merwe-sibbe is boorlinge van Colesberg.

Meer oor:  Bennie Van Der Merwe
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.