Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Hond red kinders van slang

Oom Roelf, ’n sewejarige swart hond, het Sondagmiddag die lewe van vier kinders gered toe hy ’n pofadder in die erf langsaan gesien en angstig begin blaf het.

In ’n poging om die kinders se aandag te trek om hulle van die slang bewus te maak het Oom Roelf geweldig angstig begin blaf.

Samuel Walters, ’n inwoner van Riebeeck Kasteel in die Swartland, het gesê Oom Roelf is sy hond en dit was sy bure se kinders wat in die tuin gespeel het.

“Ek het meteens gehoor hoe Roelf verskriklik angstig begin blaf en het besluit om te gaan kyk wat fout is,” het Walters gesê.

Die buurkinders van Samuel Walters staan wys die dooie pofadder. Foto: Samuel Walters
Oom Roelf lê op die grond nadat hy die lewe van vier kinders gered het. Foto: Samuel Walters

Hy is met ’n hark by die huis uit.

“Die pofadder het op die spelende kleuters afgepyl, maar sy motief was onbekend,” vertel Walters.

“Ek het nie geweet wat sy plan met die kinders was nie en daardie slange is baie gevaarlik. Uit noodweer om die kinders en Roelf te red moes ek die slang doodmaak,” het hy gesê.

Sy buurman het die pofadder van 1,1 meter lank in ’n gat in hul erf begrawe.

Walters sê pofadders en Kaapse kobras is heel dikwels hier te vinde en is van die Kaap se gevaarlikste slange.

Meer oor:  Swartland  |  Slang  |  Red  |  Pofadder  |  Kinders  |  Hond
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.