Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Hondaanval: Faith was ouers se 'engel'
Faith Hendricks (18 maande) is Vrydag deur haar pa se hond doodgebyt. Foto: Nowell Hendricks

“Sy was ons engel en ek weet nie hoe ons dit gaan maak sonder haar nie.”

Nowell Hendricks, pa van Faith (18 maande), en sy vrou, Anthean, is in rou gedompel oor die dood van hul dogter nadat hul Amerikaanse veghond, Bruno, haar doodgebyt het.

Die tragiese gebeure het Vrydag in Mount Pleasant in Hermanus plaasgevind toe Nowell se ma, Lientjie Hendricks, met haar kleinkind in die tuin gespeel het.

Bruno was aan ’n ketting vasgemaak, maar het losgeruk en Faith se bene begin byt.

’n Buurman, Clive Siegels, was besig om in sy oprit aan sy motor te werk toe hy Lientjie hoor skree het.

“Ek het na hul huis gehardloop en gesien die hond is besig om Faith te byt.”

Lientjie het op die hond gaan lê om die hond te laat bedaar, maar hy het losgeruk en Faith aan die strot gegryp.

“Hy het twee rukke gegee, waarna Faith stil geraak het,” sê Siegels.

Hierna het Bruno Lientjie se een hand byna afgebyt.

Daar was soveel bloed en ek sukkel om die toneel uit my geheue te kry.

“Dit het net aan ’n sening gehang,” sê Siegels.

“Daar was soveel bloed en ek sukkel om die toneel uit my geheue te kry,” sê Siegels.

Intussen het Nowell by die huis aangekom en Bruno ook probeer keer. Klippe en stoele is na die hond gegooi en ’n graaf is selfs gebruik om Bruno te laat bedaar, maar dit was te laat.

“Hy het bloed geproe en dit was baie gevaarlik om die erf te probeer betree met ’n hond wat jou wil aanval,” sê Siegels.

“Ons het probeer doen wat ons kon sonder dat die hond ons ook aanval.”

Nowell het met Faith na die hospitaal gejaag, maar sy was reeds dood.

Hierna het hy sy ma ook hospitaal toe geneem.

Bianca Carelse, woordvoerder van die departement van gesondheid, sê Lientjie is nog in die Worcester-hospitaal nadat sy Vrydag daarheen oorgeplaas is.

Carelse het bevestig dat Lientjie ’n gebreekte arm en verskeie bytmerke aan die bene het.

“Sy is tans in ’n stabiele toestand,” het Carelse Sondagmiddag gesê, maar kon nie bevestig wanneer sy ontslaan sou word nie.

Nowell het bevestig dat die begrafnis vir Saterdag in Mount Pleasant se begraafplaas beplan is.

“Ons wil wag totdat my ma sterker is en sy die diens kan bywoon.”

Die Hermanus-dierebewaringsvereniging (Haws) het die hond van kant gemaak.

Meer oor:  Hermanus  |  Hond
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.