Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Honde wag vir oorlede eienaar in sy bakkie op plaas

’n Hartseer verhaal het aan die lig gekom in die Matjiesrivier-distrik naby Oudtshoorn toe twee honde op ’n plaas gevind is waar hulle tevergeefs vir hul oorlede eienaar in sy bakkie wag.

Die een hond wag geduldig in die Toyota-bakkie. Foto: Oudtshoorn Dogs in Need

Die grondeienaar het die dierewelsynsorganisasie Oudtshoorn Dogs in Need (Odin) ontbied om die honde te gaan haal nadat hul eienaar, ’n plaaswerker net bekend as “Saan”, onlangs oorlede is.

Odin werk gereeld in die omgewing en is Maandag soontoe.

“Eers toe ons daar aankom, het ons besef van watter twee honde hy praat,” het Colleen Smith, Odin se stigter, gesê. “Die honde het in hul oorlede eienaar se bakkie gesit en wag. Die honde is bekend aan ons en ons het besef die twee sal nooit in ons hondehokke aard nie.”

Volgens inligting is die honde se eienaar onlangs in ’n ambulans van die plaas af weg, waarna hy oorlede is.

Sedertdien wag die twee honde getrou in die eienaar se ou Toyota-bakkie vir hom. Af en toe spring hulle uit die bakkie en kyk in die pad af, waarskynlik om te sien of hy aankom. Die honde het glo orals saam met hul eienaar in die bakkie gery.

Die honde word sedertdien deur die gemeenskap versorg. Volgens Odin word baie goed na die honde omgesien. Die honde het nie name nie en het glo altyd op ’n fluit van die eienaar gereageer.

Smith het gesê hulle het met die grondeienaar gepraat, wat ingestem het dat die honde, wat die omgewing gewoond is, eers op die plaas kan aanbly totdat hulle aangeneem word.

Odin sal pogings aanwend om nuwe eienaars vir die honde te vind en sal intussen vir hulle kos na die plaas neem.

“Die honde benodig ’n tuiste waar hulle genoeg ruimte het en kan speel, en so nou en dan vir ’n rit in ’n motor kan gaan,” het Smith gesê.

Mense wat belangstel om die twee aan te neem, kan Smith by 072 084 1374 skakel.

Meer oor:  Hondeienaar  |  Honde  |  Troeteldiere  |  Huisvriende
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.