Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Honderde bid dat bendes geweldpleging los
’n Inwoner van Bethelsdorp bid dat bendegeweld sal ophou. Foto: Lulama Zenzile

Met hul hande omhoog het sowat 400 mense Sondag op ’n oop terrein in uitbreiding 31 in Port Elizabeth gebid vir ’n einde aan bendegeweld en bloedvergieting in die noordelike voorstede van die stad.

Die biddag is deur apostel Donovan Arends van die Life Abundant Ministries gereël.

Arends het die biddag gehou ná die onlangse vlaag van geweld daar waarin agt mense in skietvoorvalle dood en nog tien beseer is in skaars drie weke.

Volgens die polisie word alle moontlikhede wat tot die geweld kan lei, ondersoek. Dit sluit in ’n toename in bendegeweld wat met gebiedsbeheer verband hou.

Duisende leerlinge van drie skole in uitbreiding 21 en 31 in Bethelsdorp en Bloemendal het Maandag inderhaas hul skoolterreine verlaat toe die skote by of in die omgewing van die skole geklap het.

Die voortslepende geweld het desperate inwoners se pleidooi vir ’n tweede polisiekantoor in Bethelsdorp opnuut in die soeklig geplaas.

Arends het by Sondag se byeenkoms gesê God het dit op sy hart geplaas om die gemeenskap bymekaar te kry om te bid, want hulle word aangeval deur die vyand.

Ons gaan ons strate terugneem by die bendes. grootmense en kinders gaan nie langer in vrees lewe nie.

“Ons gaan ons strate terugneem by die bendes. grootmense en kinders gaan nie langer in vrees lewe nie. Die Here gaan die bloedvergieting stop. Ons vra die bendes om hul wapens neer te lê en vrede te bewerkstellig.”

Arends het ook ’n beroep gedoen op die gemeenskap om met die polisie saam te werk en vorendag te kom met inligting oor die verkeerde dinge wat in hul gebiede gebeur.

“Julle het die volste reg om ernstige misdade aan die polisie te rapporteer. Ek bid dat God jul vrese sal wegvat om dit te kan doen.

“Aan die bendes wil ons sê ons het julle ook lief, want selfs die bendes is ons kinders.”

Niemand het na vore gekom toe Arends bendelede genooi het om tot bekering te kom nie.

Brig. Zolani Xawuka, hoof van die Bethelsdorp-polisiekantoor, het daarop gewys dat die polisie, lede van die gemeenskapspolisiëringsforums, kerke, sakeondernemings, en wetsgehoorsame burgers, almal vennote is wat moet saamwerk om misdaad die nekslag toe te dien.

Die gemeenskap het gebid vir die polisie wat elke dag hul lewe in gevaar stel om vrede in hul gebiede te bewerkstellig.

Meer oor:  Oos-Kaap  |  Biddag  |  Bendegeweld
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.