Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Hondjie laat hom nie deur amputasie keer

Bekkie, ’n miniatuur-pinscher van twee maande oud, se linkervoorbeen is onlangs by die Universiteit van Pretoria se Onderstepoort- Akademiese Hospitaal geamputeer, maar sy was ’n dag later al weer aan die gang.

“Bekkie was in ’n ongeluk betrokke. Die bene het deur haar vel gesteek,” sê Liesel van der Merwe, ’n senior lektor by die hospitaal.

Bekkie se linkervoorbeen is geamputeer, maar sy was binne dae weer vol lewe.

“In haar geval was daar regtig nie enige ander alternatief as amputasie nie. Haar beentjies is klein en dit was ’n groot wond.”

Bekkie se beentjie was verbrokkel en met ’n oop wond was die risiko van infeksie groot.

“Die bloedvloei na die onderste deel van ’n miniatuur-pinscher is nie goed nie en daar is nie veel spiere om die been te ondersteun nie,” sê Van der Merwe.

“Selfs in die geval van ’n skoon breek sonder komplikasies is die genesingsproses in hierdie area nie goed nie.”

Die operasie het omtrent ’n uur geduur. Die narkose was waarskynlik die grootste risiko van die proses vanweë Bekkie se klein are. Die beheer van haar liggaamstemperatuur en suikervlakke is ook ’n groot uitdaging. Daar is besluit om haar hele been en skouer te verwyder aangesien ’n stompie wat agterbly in ’n sensitiewe area kan ontwikkel.

“ ’n Klein hondjie se bene dra minder gewig en hulle is beter in staat as ’n groter hond om op drie bene reg te kom,” sê Van der Merwe.

“Kleiner honde is ook minder geneig om artritis te ontwikkel en dis onwaarskynlik dat haar ander bene artritis sal ontwikkel. Sy moet egter nie vet word nie.”

Van der Merwe sê Bekkie het al ’n dag ná die operasie begin beweeg en sy behoort binne ’n week weer heeltemal aan die gang te wees.

Meer oor:  Universiteit Van Pretoria  |  Hond  |  Amputasie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.