Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Hondsdolheid wys tande in Vrystaat

Die Vrystaatse departement van landbou en landelike ontwikkeling gaan ’n groot inentingsveldtog teen hondsdolheid hou nadat nog twee gevalle van dié siekte in die provinsie aangemeld is.

Dít volg nadat die departement vroeër vandeesmaand nood-inentings teen hondsdolheid in Bloemfontein gegee het nadat twee gevalle van hondsdolheid in die

stad aangemeld is.

Zimasa Leputla, woordvoerder van die Vrystaatse

departement van landbou en landelike ontwikkeling, sê twee ander gevalle is op 11 en 18 September in Ficksburg aangemeld en daarom het hulle dit goedgedink om op 27 September, wêreldwye hondsdolheidsdag, ’n massiewe veldtog teen die siekte in Bloemfontein te hou.

’n Veldtog word ook vir die eerste week in Oktober in Ficksburg beplan.

Leputla sê in die mees onlangse gevalle het die eienaars van die honde hulle vir ’n roetinebesoek aan ’n private veearts geneem.

“Hulle het aanvanklik geen tekens van die siekte getoon nie. Eers nadat hulle vir observasie opgeneem is, het hulle ernstige tekens van hondsdolheid getoon.”

Volgens Leputla sluit die tekens onder meer in die verlamming van die kakebeen en aggressie.

Sy sê die mense wat aan die virus blootgestel is, ontvang ook behandeling.

Leputla het ’n beroep op troeteldiereienaars gedoen om hulle diere teen hondsdolheid in te ent.

“Bring asseblief julle diere, al is hulle onlangs ingeënt. Dit is ook van uiterse belang om verandering in gedrag in diere by jul plaaslike staatsveearts aan te meld.”

Meer oor:  Vrystaat
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.