Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Hoogdrama in Sewende Laan toe Sherilee sterf

Die 28-jarige Kaapse verpleegster Sherilee Jansen was reeds siek aan asma en longontsteking toe dokters Donderdagaand die simptome van die gevreesde Covid-19 by haar gediagnoseer het: erge hoes, hoë koors, moeilike asemhaling en moegheid.

Veronica du Plessis en Johanna Joesé was ontsteld omdat die Jansen-egpaar dalk Covid-19 onder lede gehad het en die gesondheidsdepartement, volgens hulle, nog nie daar opgedaag het nie. Foto: Edrea du Toit

Owerhede het gedink sy is die tweede Covid-19-sterfte, maar toetse het later die teendeel gewys.

Haar man, Timothy, is ook Donderdagaand met soortgelyke simptome na die Helderberg-hospitaal op Somerset-Wes en toe in die Tygerberg-hospitaal opgeneem.

Hy was teen gister nog in die hoësorgeenheid in dieTygerberg-hospitaal.

Bronne sê dokters by die Helderberg-hospitaal was feitlik seker dat Jansen Covid-19 onder lede gehad het en het haar daarom onmiddellik na Tygerberg oorgeplaas. Die uitslae van laboratoriumtoetse, wat eers ná haar dood beskikbaar geword het, het egter gewys dat dit nie die geval is nie.

Sherilee en Timothy Jansen

Haar siekte het egter vir groot drama gesorg in Sewende Laan, ’n paar informele strukture in Sandvlei, naby Macassar. Die Jansens-egpaar, hul dogter en Timothy se pa (onder inwoners bekend as “Mnr. Koppe”) woon in ’n houthuis op die oewer van die Kuilsrivier.

’n Buurseun vertel hoe ’n “papsiek” Jansen die vorige dag in Mnr. Koppe se motor geklim het. Timothy was volgens die seun ewe siek.

Ontstelde inwoners, wat toe nie geweet het dat Sherilee nie aan Covid-19 gesterf het nie, het gesê hulle vrees dat hulle ook kan siek word. Hulle kinders en die Jansens se dogtertjie speel saam.

Volgens Johanna Joesé (56) was die “health-mense” nog nie daar nie. “Wie gaan ons toets? Dis ’n scary storie.”

Die Jansen-egpaar se houthuisie. Foto: Edrea du Toit

’n Ander inwoner sê sy het “elke hotline-nommer gebel, niks response nie. That’s pathetic”.

’n Buurvrou van die Jansen-egpaar wat werk by ’n maatskappy wat maskers maak, het Vrydagoggend begin om kleurvolle maskers vir die kinders te maak.

Toe Rapport laat die middag terugkeer, het heelwat inwoners maskers gedra.

Meer oor:  Corona-Virus  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.