Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
‘Hoogtyd dat voertuie by grensposte geskut word’

Die Suid-Afrikaanse staatskas verloor jaarliks minstens R1 miljard deurdat Suid-Afrikaners voertuie in buurlande soos Lesotho koop en dit daar registreer.

Lee Dutton, uitvoerende direkteur van International Vehicle Identification Desk Southern Africa, sê dit is hoogtyd dat voertuie sonder die nodige permitte by Lesotho se grensposte geskut word.

Omset van R2,5 miljard gaan vir die Suid-Afrikaanse motorbedryf verlore.

Die voertuie met Lesotho-registrasienommers van Vrystaters wat die grensposte met Lesotho gebruik, word nou daagliks geskut omdat hulle nie die nodige papierwerk het nie. Foto: Grace Lodging

Boonop is die voertuie wat daar gekoop word, meestal minderwaardige Japanse voertuie wat lande soos Lesotho “erf” en die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID), asook die Padongelukkefonds (POF), hoofbrekens besorg.

“Dit gaan oor baie meer as die geldelike verlies. Wat gebeur as jy ’n ongeluk in Suid-Afrika maak?”

Toenemende ontevredenheid onder motoriste wie se voertuie by die grensposte by Ladybrand, Ficksburg en Wepener afgevat word, het die kwessie na die oppervlak gebring.

SAID-beamptes eis dan ook boetes van tot R28 000 op ’n slag.

Die meerderheid mense wat geraak word, is sakelui wat in Suid-Afrika woon en in stede soos Maseru werk. Hul verweer is dat hulle in Suid-Afrika woon, maar in Lesotho handel dryf, dat dié voertuie ook daar geregistreer is en dat hulle dus nie permitte hoef te hê nie.

Ingevolge artikel 91 van 1964 van die Wet op Doeane en Aksyns moet die voertuig in die land geregistreer word waar dit gebruik word.

Volgens Dutton moet dié wet egter saam met die Nasionale Padverkeerswet gelees word, wat die hoeveelheid tyd bepaal wat jou voertuig in die onderskeie lande is.

Dit gaan volgens Dutton oor waar die voertuig oornag.

Die SAID het teen druktyd nie op vrae oor die invordering van invoerbelasting by die grensposte reageer nie.

“Dit maak nie saak waar jy jou afstande aflê nie, dit gaan oor waar jy woon, en dis mos eenvoudig. Jy kan nie in Engeland woon en die kar in Swede geregistreer hê nie.”

Dit is gratis om ’n permit by die SAID te kry as jy jou Lesotho-geregistreerde voertuig tydelik in Suid-Afrika gebruik.

“Suid-Afrikaners dink dit is ’n winskopie om voertuie in Lesotho te koop, maar hulle gaan hulle vasloop.”

Omdat Lesotho se nywerheidswetgewing nie so streng soos dié van Suid-Afrika is nie, stroom Japan se tweedehandse voertuie daarheen en dit is waarom instellings soos die SAID hakke inslaan.

“Die fiskus vorder 15% BTW op elke plaaslike transaksie in en die invoerbelasting ter sprake op ’n ingevoerde motor is 36%.”

Die regering genereer volgens hom rofweg 40% per transaksie op ’n ingevoerde motor en dit is hoekom dit noodsaaklik is dat die bedryf plaaslik moet vervaardig.

“Wat dink jy sou gebeur as ons nie die wetgewing gehad het wat verhoed dat dié karre in Suid-Afrika kom nie,” vra Dutton.

Hy sê dieselfde lot as Nieu-Seeland sal Suid-Afrika tref, wat niks meer self vervaardig nie.

“Dink jy BMW, Mercedes-Benz en Ford sal dan nog fabrieke hier hê? Bridgestone en Firestone in Uitenhage en Brits sal dadelik hul deure sluit.”

Die SAID het teen druktyd nie op vrae oor die invordering van invoerbelasting by die grensposte reageer nie.

Meer oor:  Said  |  Lesotho  |  Voertuie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.