Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Hoopstad-ma verongeluk: Kinders ‘verstaan nog nie mooi’
Wyle Sheree-J Jordaan (29) was volgens haar tannie ’n sprankelende mens.

Die laaste geskenk wat ’n Hoopstadse ma vir haar driejarige seuntjie gekoop het – ’n John Deere-trekkertjie en -sleepwa – is reeds Donderdag by hul huis afgelewer.

Maar Vrydagnag het Sheree-J Jordaan (29) verongeluk onderweg na haar ouers waar hulle Sheyaan se verjaarsdag Saterdag sou vier.

Louise Erasmus, haar tante by wie sy Vrydag tot net ná 18:30 gekuier het, sê in dié stadium gaan dit nie goed met die familie nie.

“Ek weet nie of die kinders – Kara-Lee (8) en Sheyaan – regtig al verstaan wat gebeur het nie. Sheree-J se ouers, my suster, Debbie, en haar man, Stefan (de Waal), is gebroke en verslae.”

Jordaan was Vrydagmiddag by haar tante se onderneming, Tau Leralla River Lodge & Wedding Venue, sowat 25 km van Hoopstad af, waar sy ’n werkgeselligheid bygewoon het.

Erasmus sê Sheree-J sou verby Wesselsbron na Welkom gery het waar haar ouers en kinders vir haar gewag het.

Toe Sheree-J nie in Welkom opdaag nie, het haar pa en ’n vriend haar gaan soek.

“Hulle het in die stikdonker nag gesoek en eers om middernag die feitlik splinternuwe silwerkleurige Toyota Yaris gekry waar dit van die pad geloop en omgeslaan het,” sê Erasmus.

“Dit was in bosse versteek, daarom dat hulle aanvanklik gesukkel het om dit raak te sien. Sheree-J is dood in die motor aangetref.”

Sheree-J se man, Adriaan, was Saterdag by sy skoonouers toe hul seuntjie, Sheyaan, verjaar het.

Hy het nie kans gesien om met die media te praat nie en net gesê “dit is verskriklik wat gebeur het”.

Die Jordaan-gesin. Van links is Sheree-J, Adriaan en die twee kinders, Sheyaan (3) en Karla-Lee (8).
Volgens hulle was daar bloed op die toneel van ’n dier, moontlik ’n bok, waarvoor Jordaan vermoedelik uitgeswaai het voordat sy beheer oor haar motor verloor het.

Erasmus sê die polisie het Sondag met hulle gepraat nadat hulle op die toneel gaan ondersoek doen het. Volgens hulle was daar bloed op die toneel van ’n dier, moontlik ’n bok, waarvoor Jordaan vermoedelik uitgeswaai het voordat sy beheer oor haar motor verloor het.

Erasmus sê die begrafnisreëlings sal eers die komende week getref word.

Adriaan en Sheree-J en Jordaan.
Shoerks ...'n huldeblyk

Erasmus het die volgende huldeblyk vir haar susterskind vir Netwerk24 geskryf:

“Shoerks . . .

“Dis hoe almal jou sal onthou. As ek aan jou dink, dan kom ’n reënboog op, met al die vrolike kleure. Jy het jou lewe met sprankel aangepak! Jy kon nou kwaad wees, en minute daarna, weer vrolik. Shoerks met die perdeby-lyfie. Perfekte hare en pragtige gesig. Ek het my altyd verstom dat jy enigiets kon aantrek, en altyd so mooi kon wees. ’n Mens kon jou altyd deur ’n ring trek. Met perfekte klere en naels.

“Jy is die een wat saam met my sou hekel. En dan sou jy sê: “Tannie Louise, help asseblief, ek weet nie wat ek nou gedoen het nie . . .”

“Lief jou vir altyd en ek gaan jou sprankel vir die lewe mis.”


Meer oor:  Padsterfte  |  Verjaarsdagpartytjie  |  Padongeluk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.