Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Hospitaalsuster verleen hulp in donker ná gru-ongeluk
Die voorkant van die Hyundai ná die ongeluk.Foto: Verskaf

Vier mense is Saterdagaand noodlottig beseer in ’n botsing tussen twee voertuie op die N12-hoofweg naby Potchefstroom. Sewe ander is met ernstige beserings in ’n plaaslike hospitaal opgeneem.

Die inkomende baan na die universiteitsdorp was ná die ongeluk minstens vyf uur lank vir verkeer gesluit, het kol. Adéle Myburgh, polisiewoordvoerder in Noordwes, bevestig.

Die ongeluk het omstreeks 19:00 gebeur en ’n hospitaalsuster wat op die ongelukstoneel afgekom het, het noodhulp toegepas totdat die ambulans opgedaag het.

Volgens Myburgh het bakkie na bewering die pad oorgesteek toe die ongeluk met ’n voertuig, wat na Klerksdorp onderweg was, gebeur het.

Mense wat agterop gesit het, is van die bakkie afgeslinger.

Volgens die hospitaalsuster het sy gevoel sy ry oor iets met haar voertuig, maar sy was nie seker of dit wrakstukke of mense was wat dalk in die pad gelê het nie.

Sy het omgedraai en teruggery om hulp te verleen toe sy oor iets gery het, sê Myburgh.

“Dit was ongelooflik dapper van haar.”

Twee mans en twee vroue wat agterop die bakkie gesit het, is op die toneel dood. Hul name is nog nie bekend gemaak nie.

Die polisie ondersoek intussen ’n saak van strafbare manslag.

Die Tata-bakkie wat die N12 na bewering voor die aankomende motor oorgesteek het. Foto: Verskaf

Meer oor:  Padsterfte  |  Motorongeluk  |  Ongeluk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.