Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Hou by regulasies oor drank, sê LUR oor Swart Vrydag

Die Wes-Kaapse Drankowerheid het tussen 27 Maart en 20 November 242 klagte van oortredings van die nasionale rampregulasies ondersoek en dranklisensies opgeskort, sê Albert Fritz, Wes-Kaapse LUR vir gemeenskapsveiligheid, in ’n verklaring.

Ná die ondersoeke is 49 drankverkopers se lisensies opgeskort, 23 aansoeke is van die hand gewys en 11 aansoeke is na die aanklaer verwys.

“In 22 gevalle is boetes van meer as R2,2 miljoen opgelê, waarvan meer as R1,2 miljoen vir ’n tydperk van 24 maande opgeskort is op voorwaarde dat die lisensiehouer nie weer in die tydperk die wet en die lisensievoorwaardes oortree nie.”

Albert Fritz, Wes-Kaapse LUR vir gemeenskapsveiligheid. Foto: Jonathan Lestrade

Fritz sê hy besef die ekonomie verkeer onder druk en winskope rondom Swart Vrydag lyk aanloklik hier voor die feestyd. Hy doen dus ’n beroep op drankverkopers en verbruikers om versigtig met die verkoop en aankoop van drank te wees.

“Drankverkopers moet by die drankwetgewing en regulasies ingevolge die rampbestuurswet hou. Dit is noodsaaklik dat verbruikers se identiteitsdokumente nagegaan word om te verseker dat alkohol nie aan minderjariges verkoop word nie.

“Mense wat alkohol koop, moet ook verantwoordelik optree.”

Fritz het ook ’n beroep gedoen op die polisie, wetstoepassers van die Kaapstadse metro en inspekteurs van die Wes-Kaapse Drankowerheid om voort te gaan met hul roetine-kontrole om te verseker dat geen wette oortree word nie.

“Kleinhandelaars word gewaarsku dat ’n boete van tot R115 000 uitgereik kan word as wette oortree word.

“Soos ons die feestyd nader, moet ons voortgaan om al die moontlike te doen om die verspreiding van Covid-19 te voorkom. Ons is steeds in die middel van ’n pandemie met die getalle wat toeneem. Ons weet ook dat alkohol die verbruikers se oordeel só beïnvloed dat hulle nie altyd die nodige stappe doen om hulself teen die virus te beskerm nie. Laat ons waaksaam bly,” sê Fritz.

Meer oor:  Albert Fritz  |  Swart Vrydag
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.