Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Hou vas! Die koue is op pad

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD) waarsku teen swaar reën en vloede in Kaapstad, die Overberg en die Kaapse Wynlande.

Die reën word Donderdag regdeur die nag tot Vrydagoggend verwag.

In Kaapstad klaar die weer Saterdag op, met reën wat weer van Maandag af kan begin uitsak. Teen Dinsdag is daar ’n verdere 60%-kans op sowat 15 mm reën.

Bloemfonteiners moet hulle die naweek regmaak vir ysige koue wanneer die minimum temperature Saterdag -2 °C, Sondag -5 °C en Maandag -1 °C gaan wees.

Die koue is op pad. As die son sak, klim diep onder die komberse in. Foto: Marelize Barnard

Vir Cradock word net sulke ysige weer – -4 °C Saterdag en -5 °C Sondag – verwag.

Nie eens Sutherland in die Noord-Kaap, wat bekend vir sy lae temperature is, is eens so koud nie, want die minimum temperature sal die naweek en vroeg volgende week by die 2°C draai.

Dipuo Tawana, nasionale weervoorspeller van die SAWD-kantoor in Pretoria, sê die kouefront sal Vrydag na die suidelike kusgebiede van die Wes-Kaap asook die aangrensende binneland versprei. Die kouefront versprei geleidelik, en teen Sondag sal dit so wyd as oor die grootste deel van die Oos-Kaap en KwaZulu-Natal tot dele van Mpumalanga versprei.

Maandag bereik die tweede kouefront die suidelike dele van die Wes-Kaap.

Tawana sê Saterdag sal die temperature merkbaar daal oor die grootste gedeelte van die land.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.