Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Hougaard nie betaal vir sy beseerde voet

Old Mutual het die voormalige Bok-losskakel Derick Hougaard (37) uitbetaal vir ’n eis dat hy nie sy gewone dagtake kan uitvoer nie.

Nadine kou die harde klippe saam met my, sê Derick Hougaard.

Sy eis vir “die fisieke besering aan sy voet” is egter afgewys.

’n Hoorbaar mismoedige Hougaard het die afgelope week gesê dit voel hy word nog rondgeskop van die een paal na die ander.

Sy prokureur, Francois Slabber, moes intussen sy dienste opskort omdat Hougaard hom nie meer kan betaal nie.

Rapport het in November berig dat Ou Mutual geweier het om eise teen twee versekeringspolisse uit te betaal. Hougaard sê kort hierna is “50% van die polisse wel uitbetaal”.

Die dagtake-polis beloop volgens ’n dokument van Old Mutual wat Rapport onder oë gehad het, meer as R1,8 miljoen. Die ander is meer as R1,2 miljoen rand werd. “Jy sien, mens is dankbaar daarvoor, maar dit is nie genoeg nie,” sê Hougaard.

Hy het destyds in sy eis aangevoer dat hy weens kliniese depressie en verskeie hoofbeserings wat hy as rugbyspeler opgedoen het nie meer werk nie.

Old Mutual het nie saamgestem nie en gesê dié funksionele beperking moet vir ’n aaneenlopende tydperk van ses maande voortduur.

Die polisse is op 23 Junie 2008 uitgeneem, een wat hom verseker teen enigiets wat hom verhoed om sy “dagtake te kan verrig” en ’n tweede vir die “beperking van liggaamsfunksies”.

Sy stap die pad saam met my. Sy is daar vir my.

Slabber het in November gesê sy kliënt het in September 2008 sy eis saam met sy mediese verslae ingedien. Daarvolgens ly hy aan depressie en ’n ongenoemde psigiatriese probleem. Weens die hoofbeserings is swak konsentrasie, slaaploosheid en gereelde hoofpyn by hom gediagnoseer. Sy kognitiewe evaluering is onder normaal en hy neem hoë dosisse antidepressante en medikasie vir sy slaapprobleme.

Old Mutual het Hougaard in April 2008 ingelig dat sy toestand nie voldoen aan die kontraktuele definisie van ongeskiktheid nie en daarop aangedring dat ’n psigiater ’n gedetailleerde verslag indien. Slabber het gesê Hougaard se makelaar het al die bykomende verslae ingedien, maar Old Mutual was steeds nie tevrede nie. Dit terwyl sy kliënt se toestand sodanig is dat hy nie meer kan werk nie en gevolglik ook nie premies kan betaal nie.

Slabber het gesê Old Mutual het uiteindelik toegegee dat Hougaard se mediese toestand permanent is, maar dat hulle nie wou betaal nie omdat hy opgehou het om die premies te betaal.

Hougaard het die afgelope week aan Rapport gesê: “Old Mutual lyk my wil ’n voorbeeld van my maak. Ek moet sê die hele storie maak my nou net gatvol. Hulle maak aannames omdat hulle my sosiale media kan sien en hulle beweer nou dat ek niks makeer nie.”

Hougaard sê hy sukkel om die ander geld te laat uitbetaal. “Ek voel onvergenoegd. Ek probeer hard, regtig hard. Ek kan nie meer werk nie, ek kan nie meer ’n inkomste verdien nie en ek het daardie geld broodnodig.”

Henno Senekal, ’n produktekenner by Old Mutual, sê by navraag oor Hougaard se aansoek:

* Hougaard het dekking onder die daaglikse take-voordeel, maar nie vir beroepsongeskiktheid nie omdat hy nie daarvoor aansoek gedoen het of ’n premie betaal nie.

* Die eis vir die daaglikse take is ten volle uitbetaal.

* Die eis vir fisieke ongeskiktheidsvoordeel weens ’n besering aan sy voet was nie opgeneem nie aangesien Hougaard nie bewyse ingedien het dat die verlies van funksie permanent is nie. Die kontrak vereis dit.

* Hougaard het sy klagte na die ombudsman vir langtermynversekering geneem en op 8 Mei het die kantoor ’n voorlopige bepaling gedoen dat Old Mutual se besluit geregverdig is. Hougaard kon teen 8 Junie redes aanvoer waarom die voorlopige vasstelling nie finaal gemaak moet word nie, maar het dit nie gedoen nie.

Hougaard sê hy en sy vriendin van drie jaar, die sangeres Na­dine, kou harde klippe saam met hom. “Sy stap die pad saam met my, sy is daar vir my.”

Meer oor:  Derick Hougaard  |  Old Mutual  |  Eis
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.