Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Huisgenoot: Yvonne Beyers is nuwe redakteur
Yvonne Beyers, nuwe redakteur van Huisgenoot. Foto: Media24

Media24 het Dinsdag aangekondig dat Yvonne Beyers, Gauteng-redakteur van Huisgenoot en YOU , van 1 Junie die leisels sal neem as die nuwe redakteur van Huisgenoot.

Beyers vervang Henriëtte Loubser, wat op dieselfde datum as redakteur van Media24 se Afrikaanse digitale nuusdiens Netwerk24 intree.

Sedert Beyers haar joernalistieke loopbaan in 2003 by Die Burger begin het, het sy wye ervaring opgedoen by verskeie koerante en tydskrifte in Media 24, onder meer as joernalis by Huisgenoot en Insig, en as nasionale redakteur van By, die Saterdag-bylaag van Media24 se Afrikaanse koerante. Sy was ook vir ’n jaar lank aanbieder van die kykNET-joernaalprogram Flits.

Yvonne het al vier haar grade cum laude verwerf –’n BA en BPhil Joernalistiek aan die Universiteit van Stellenbosch, ’n BA Honneurs aan die Universiteit van Kaapstad en haar MSc in Engelse letterkunde aan die Universiteit van Edinburg.

Yvonne is ’n deurwinterde joernalis en sy verstaan die Huisgenoot-handelsnaam en -mark deur en deur
Minette Ferreira, hoofbestuurder van Media24 se weekblaaie

“Dit is ’n groot eer en voorreg om aan die begin van Huisgenoot se tweede eeu en in uitdagende maar ook opwindende tye die redakteur te word van hierdie fantastiese handelsnaam,” sê Beyers.

“Ek sien besonder baie uit daarna om saam met die hoogs toegewyde, kreatiewe span inhoud te skep en oplossings te vind wat sal voortgaan om ons lesers te boei, verras en verryk.”

Minette Ferreira, hoofbestuurder van Media24 se weekblaaie, meen Beyers sal voortbou op Huisgenoot se sukses. “Yvonne is ’n deurwinterde joernalis en sy verstaan die Huisgenoot-handelsnaam en -mark deur en deur,” sê Ferreira.

“Ek wens haar net die beste toe en sien baie uit na die pad vorentoe met haar aan die stuur van die kroonjuweel in ons tydskrifte-portefeulje.”

Meer oor:  Media24  |  Huisgenoot
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.