Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Mosselbaaise politikus sterf

’n Ware heer wat mense, ongeag hul politieke oortuigings, altyd met respek behandel het.

So het kollegas vir Jovan Bruinders, die ANC se voorsitter in die Suid-Kaap-streek (Victor Molosi-streek) en ’n raadslid van die Mosselbaai-munisipaliteit, beskryf.

Die munisipaliteit het Vrydag op sy Facebook-blad gesê Bruinders is in die waakeenheid van die Life Bayview-hospitaal in Mosselbaai opgeneem. Hy is Saterdagoggend vroeg oorlede.

Jovan Bruinders Foto: Verskaf

Die munisipaliteit sê in ’n verklaring Bruinders het ’n beduidende invloed op sy koukus gehad en argumente in die munisipaliteit welsprekend en met deeglike voorbereiding en insig gevoer.

Hy is as ’n ware heer bestempel wat sy kollegas, mederaadslede en munisipale personeel altyd met respek behandel het.

Volgens adv. Thys Giliomee, Mosselbaai se munisipale bestuurder, laat sy dood ’n groot leemte in die raad en is sy heengaan ’n verlies vir die groter Mosselbaai-gemeenskap.

Giliomee het sy meegevoel teenoor Bruinders se vrou, Melly, ’n gemeenskapsontwikkelingsbeampte by die Mosselbaai-munisipaliteit, asook familie en vriende betuig.

Harry Levendal, Mosselbaai se burgemeester, sê hy en Bruinders was vriende lank voordat hulle politici geword het.

Volgens hom het Bruinders as voorsitter van die munisipale komitee vir openbare rekeninge hom uitstekend van sy taak gekwyt.

Geen begrafnisreëlings is nog bekend nie.

Meer oor:  Mosselbaai  |  Hulde  |  Dood  |  Politikus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.