Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Huldeblyke ná bekende sakevrou se dood in ongeluk
Dr. Thandi Ndlovu
Dr. Thandi Ndlovu Foto: Verskaf

Huldeblyke het Sondag van oraloor ingestroom nadat een van Suid-Afrika se voorste sakevroue in ’n motorongeluk dood is.

Die 65-jarige dr. Thandi Ndlovu was Saterdag in ’n botsing betrokke, het die Motheo-groep getwiet.

Ndlovu, wat ’n mediese dokter was, was die stigter van die Motheo-konstruksiegroep, wat die Motheo-kinderstigting insluit wat beurse vir tersiêre onderwys aan leerlinge toestaan.

Motheo het bekend geword as een van die land se grootste swart konstruksiemaatskappye met ’n vrou aan die stuur.

Ndlovu is ná die ongeluk in die hospitaal dood. Sy was onderweg na ’n begrafnis in Rustenburg, Noordwes, berig City Press.

“Die slagting op ons paaie het ons beroof van ’n uitsonderlike vrou. Ons betreur haar dood nou in ’n maand waar ons juis sulke vroue moet vereer,” het Fikile Mbalula, minister van vervoer, gesê.

Drie ander mense is ook in die ongeluk dood.

Die ANC het in ’n verklaring gesê dat die Ndlovu-familie se verlies ook die party se verlies is. Die party het bygevoeg dat die ma van ses, wat in Soweto gebore is, by Umkhonto weSizwe, die party se militêre vleuel, in die bevrydingstryd aangesluit het. In haar vrye tyd het sy ook omgesien na ANC-staatmakers soos Adelaide Tambo, Ruth Mompati en Rebecca Kotane.

“Sy het haar tot aan die einde van haar lewe ten volle aan die ANC gewy,” het die party gesê.

Die Sakevrouevereniging van Suid-Afrika het Ndlovu as ’n mentor en ’n formidabele sakevrou beskryf.

“Dr. Ndlovu was ’n vreeslose sakeleier, maatskaplike aktivis en ’n kampvegter vir die bemagtiging van vroue. Sy het ’n reusebydrae tot haar gemeenskap en die land gelewer,” het die vereniging gesê.

Sandile Zungu, president van die Black Business Council, het gesê Ndlovu het nie net swart sakebelange bevorder nie, maar ook die land se sakebelange as ’n geheel.

Dit was volgens Peggy Nkonyeni, LUR vir menslike nedersettings en openbare werke in KwaZulu-Natal, nie ongewoon om dié talentvolle vrou in ’n veiligheidshelm en oorpak op ’n bouterrein te sien nie.

Meer oor:  Huldeblyke  |  Motorongeluk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.