Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Húlle ry soustrein van VBS – verslag

Luidens die verslag “The Great Bank Heist” van adv. Terry Motau SC oor VBS Mutual Bank, het ’n forensiese ondersoek deur rekenmeesters bevind dat 53 mense en regspersone altesaam R1 894 923 674 van dié bank ontvang het.

Die voorblad van die verslag “The Great Bank Heist” oor die ongerymdhede by VBS Mutual Bank.

Motau skryf dat hy nie in onderhoude klarigheid kon kry oor presies hoeveel van VBS Mutual se geld geplunder is nie, of oor hoeveel geld elke persoon ontvang het nie.

In dié verslag wat Woensdag uitgereik is, word die volgende 27 mense en maatskappye as die “grootste begunstigdes” van betalings deur VBS Mutual Bank gelys:

Tshifhiwa Matodzi, voormalige voorsitter van VBS Mutual Bank en voorsitter van Vele Investments – R325 896 831;

Kabelo Matsepe, voormalige leier van die ANC-jeugliga in Limpopo – R35 400 105;

Sipho Malaba, voormalige vennoot van KPMG Suid-Afrika, en rekenmeester – R33 978 379;

Phophi Mukhodobwane, hoofbestuurder van die tesourie by VBS – R30 572 296;

Paul Makhavu, prokureur van die Venda- koninklike familie – R30 461 788;

Robert Madzonga, prokureur, voormalige bedryfshoof van VBS en uitvoerende hoof van Vele – R30 372 282;

Andile Ramavhunga, uitvoerende hoof van VBS, rekenmeester en bankier – R28 925 934;

Solly Maposa, wat by VBS aangestel is in die pos van “besturende direkteur van koophandel” – R24 441 877;

Ralliom Razwinane, direkteur van Gundo Wealth Solutions – R24 224 198;

Toni Mphephu, Venda-koning – R17 729 758;

Ndivhuwo Khangale, woordvoerder van VBS en Vele – R16 830 091;

Sechaba Serote, rekenmeester – R16 653 458;

Ernest Nesane, nie-uitvoerende direkteur van VBS en voormalige hoof van regsadvies by die Openbare Beleggingskorporasie (OBK) – R16 646 086;

Brian Shivambu, broer van EFF-onderleier, Floyd Shivambu, en lid van die bestuur van Mabyeni Trading and Projects – R16 148 569;

Paul Magula, nie-uitvoerende direkteur van VBS en voormalige hoof van risiko en nakoming by die OBK – R14 818 098;

Charl Cilliers, besturende direkteur van Insure Group Managers (waarvan Vele Investments ’n aandeelhouer is) – R12 683 947;

Maanda Manyatshe, uitvoerende voorsitter van Vele Investments, voormalige uitvoerende hoof van die SA Poskantoor en voormalige besturende direkteur van MTN – R11 279 242;

Sasa Nemabubuni, voormalige hoofbestuurder van verkope by VBS – R9 169 288;

Avhashoni Ramikosi, nie-uitvoerende direkteur van VBS, rekenmeester en voormalige finansiële hoof van die Suid-Afrikaanse Polisiediens – R5 972 288;

Takalani Mmbi, assistent van Matodzi en bestuurder van finansies en administrasie by Brilliantel Telecommunications – R4 404 178;

Phillip Tshililo, takbestuur by VBS en “persoonlike assistent en betaalmeester” van Matodzi, – R2 039 990;

Vele Investments en sy vennote – R936 669 111;

Vrystaat-OntwikkelingskorporasieR104 130 932;

FirmanoxR17 748 384;

Foxburgh CapitalR15 104 100;

SabicorpR8 453 585;

Tiisang Private CapitalR12 489 230.

Meer oor:  Vbs Mutual Bank  |  Terry Motau  |  Soustrein
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.