Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Hy het nie gesê breek af, sê stadsbestuurder

Ndivhoniswani Lukhwareni, stadsbestuurder van Johannesburg, het Woensdag bewerings ontken dat hy verantwoordelikheid aanvaar het vir verlede week se afbreek van onwettige huise in Alexandra.

Luidens ’n verklaring wat die stad uitgereik het, het Lukhwareni nie gesê hy het die afbreek van die strukture goedgekeur nie.

“Lukhwareni aanvaar dat hy in die geheel vir die stad se bestuur verantwoordelik is. Hy het nie persoonlik opdrag gegee vir die aftakeling nie,” lui die verklaring.

Hy het nie persoonlik opdrag gegee vir die aftakeling nie.
Ndivhoniswani Lukhwareni, stadsbestuurder van Johannesburg

Volgens die metro het die opdrag van die Johannesburgse metropolisiediens gekom.

Herman Mashaba, burgemeester, het Lukhwareni intussen opdrag gegee om ’n onafhanklike ondersoek na die besluitnemingsproses te gelas wat tot die “gebeure verlede Vrydag gelei het”.

Die verklaring volg op ’n Twitter-inskrywing van ’n mediahuis waarin beweer word die stadsbestuurder het aan die Menseregtekommissie (MRK) gesê die afbreek van die strukture is gedoen onder die indruk dat dit onbewoon en onvoltooid was.

Luidens die twiet het Lukhwareni glo aangevoer hy het die aftakeling van die meer as 80 strukture gelas.

Die MRK ondersoek bewerings van menseregteskendings in Alexandra.

Meer oor:  Herman Mashaba  |  Alexandra  |  Johannesburg  |  Stadsbestuurder
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.