Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
‘Hy los my met baie resepte’
Emilé Vosloo Foto: Verskaf

Hy los haar met baie resepte.

So sê Renette Vosloo oor haar man, Emilé (59) wat Vrydag in Pringlebaai sy eie lewe geneem het.

Huldeblyke het die afgelope naweek op Renette, ook bekend as die Rooitamatie, ’n skrywer en voormalige kok op die program Ontbytsake (kykNet), se Facebook-blad ingestroom nadat die nuus van Emilé se dood bekend geword het.

Renette en haar gesin het Sondag by navraag gesê dit is nie ’n geheim dat Emilé sy eie lewe geneem het nie. Renette het op Emilé afgekom toe sy hom gaan soek het omdat hy nie huis toe gekom het nie.

Volgens Renette het sy en Emilé 2020 op ’n opwindende noot begin nadat hulle die kombuis van die Hangklip Hotel in Pringlebaai oorgekoop en nuwe asem in die bestemming se restaurant geblaas het. Die restaurant met sy nuwe baadjie het op Valentynsdag sy deure oopgemaak.

“Dit was ’n besondere spanpoging en ’n nuwe hoofstuk vir ons,” sê sy. Volgens haar het Emilé meer die rol van die kok gespeel en was sy die “gesig” van die Hangklip Hotel se restaurant.

Sy glo egter dit is die begin van ’n volgende hoofstuk wat sy op haar eie sal aanpak, maar dat ’n gedeelte van Emilé steeds behoue sal bly.

Volgens Renette sluit die beëindiging van sy lewe dié hoofstuk nou af. Sy glo egter dit is die begin van ’n volgende hoofstuk wat sy op haar eie sal aanpak, maar dat ’n gedeelte van Emilé steeds behoue sal bly. Sy besluit nog oor die restaurant se toekoms.

Emilé en Renette Vosloo. Foto: Verskaf

“Ek het baie by hom geleer,” sê sy. “Hy was ’n legende. Hy los my met baie resepte.”

Volgens haar was Emilé se selfdood op die ingewing van die oomblik. “Dit was beslis nie beplan nie. Hy het niks agtergelaat wat andersins aandui nie,” sê sy.

Die rede daarvoor is vermoedelik die druk van die inperking op plaaslike toerisme nadat hulle ’n nuwe gasvryheidsonderneming gevestig het. “Die besigheid is ontsettend baie skade aangedoen en hy het nie kans gesien om oor te begin nie.”

In huldeblyke op Facebook het mense onder meer geskryf Emilé was ’n ware raakvatter en dat die egpaar ’n super-kookspan was wat mekaar aangevul het. Emilé sou in Desember vanjaar sy 60ste verjaarsdag gevier het.

Emilé word oorleef deur sy vrou, drie kinders – Gerhard Vosloo, Maia Bezuidenhout en Emily Vosloo – asook vyf kleinkinders. Geen begrafnisreëlings is nog bekend nie.

Kol. Andrè Traut, ’n polisiewoordvoerder, sê die omstandighede rondom die voorval word ondersoek. ’n Geregtelike doodsondersoek word gedoen.

Meer oor:  Emilé Vosloo  |  Renette Vosloo  |  Selfdood  |  Resepte  |  Ontbytsake
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.