Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Hysbak in polisiegebou val 4 verdiepings ver met 7 binne
Ambulanse en nooddiensvoertuie het in en uit by die Mountweg-polisiekantoor gery nadat ’n hysbak van die vierde vloer tot op grondvloer met sewe mense binne-in geval het. Foto: WERNER HILLS
Brandbestryders was ook op die toneel om die hysbak se deur oop te maak.

Dit het geklink soos ’n ystertrollie wat teen ’n hoë spoed by trappe afgly en toe met ’n aardskuddende slag die grond tref.

Só het ’n polisiebeampte van die Mountweg-polisiekantoor, wat nie genoem mag word nie, die oomblik beskryf toe ’n hysbak Woensdagmiddag binne dié polisiekantoor in Port Elizabeth met sewe polisie-personeellede daarbinne van die vierde verdieping tot op die grondvloer geval het. Volgens ’n betroubare polisiebron blyk dit of die kabel van die hysbak moontlik gebreek het.

Vier van die sewe mense binne die hysbak het ’n been of albei bene gebreek.

Paramedici kon ook glo nie dadelik by die beseerdes uitkom nie, aangesien die deure van die hysbak vasgesit het en die brandbestryders glo noodtoerusting gebruik het om die deure oop te maak.

Brig. Marinda Mills, provinsiale polisiewoordvoerder, sê die hysbak het omstreeks 16:00 van die vierde verdieping tot op die grondvloer geval.

“Ses vroue en een man is beseer. Vier het gebreekte bene opgedoen, terwyl die ander vir verskeie ander beserings behandel is,” sê Mills.

Sy sê dit is nog nie duidelik presies hoe of hoekom die hysbak geval het nie, maar die voorval is by die departement van openbare werke aangemeld.

Werknemers van ’n plaaslike hysbakmaatskappy is ook kort ná die voorval op die toneel gesien.

Minstens vyf ambulanse en vier mediese voertuie het die toneel ook kort na mekaar verlaat.

Mills sê al die beseerdes het mediese behandeling op die toneel ontvang en hulle is in die St. George-hospitaal opgeneem.

Lt.genl. Liziwe Ntshinga, provinsiale polisiekommissaris, het haar skok oor die voorval uitgespreek en die beseerdes ’n spoedige herstel toegewens. Sy het ook benadruk dat ’n deeglike ondersoek na die voorval gehou sal word.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.