Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Ilne: Koebaai sepies, hallo Kanada!

Ilne Nienaber, wat die rol van dr. Elana Bester gespeel het in Binnelanders, het nie net afskeid geneem van haar karakter nie; sy is ook klaar met toneelspel én sy emigreer eersdaags saam met haar gesin na Kanada.

Ilne Nienaber as dr. Elana Bester in Binnelanders. Sy het die sepie ná vier en ’n half jaar verlaat.

Die drama om die barmhartige dokter se sterfbed, wat die afgelope week uitgesaai is, was eintlik die begin van ’n nuwe hoofstuk vir die 40-jarige Nienaber.

Sy het einde November verlede jaar besluit om die toneelwêreld te groet nadat haar man, Marcus, wat in menslike hulpbronne werk, ’n aanbod vir werk in Kanada gekry het. Die gesin trek in November soontoe.

“Ek wil nie daar worry om van voor af te begin in die bedryf nie en ek het besluit om my loopbaan op ’n hoogtepunt af te sluit by Binnelanders, wat volgens my Suid-Afrika se beste sepie is,” sê sy.

“Dit was nie ’n moeilike besluit nie, nee. My kinders se geluk en tyd saam hulle vervul elke aspek van my lewe. Die besluit was die logiese antwoord.”

Sy het op 19-jarige ouderdom haar sepie-buiging in Egoli gemaak. Kykers sal haar ook onthou vir haar rol as Hermiena in die SABC2-komediereeks Oepse Daisy en as die kelnerin Libby in 7de Laan wat saam met Bart (Neil Sandilands) gevlug het nadat ’n vorige kêrel haar aangeval het. Later was sy ook die saggeaarde feeks Lindie Els in die kykNET-sepie Villa Rosa.

Die vroue van Binnelanders by Naomi (vertolk deur Je-ani Swiegelaar) se troue.

En nou is dit alles verby.

“Ek mis die mense op stel, maar ek mis glad nie toneelspeel nie!” sê Nienaber. Die lang ure weg van haar gesin het sy tol begin eis. En die uitmergelende storielyne ook.

Sy geniet dit veel meer om bedags meer tyd saam met haar kinders deur te bring. Sy speel aanlyn onderwyser vir Hugo (8) en Mila (5), wie se skoolvakansie eers in Augustus begin.

Nienaber het ook twee kinderboeke, Korrels se avonture en Korrels in die klas, geskryf. “Ek het die proses om kinderboeke te skryf ongelooflik geniet! Ek bied ook steeds aanlyn dramaklasse aan en as daar ’n tydjie in die dag oop is, is ek net mamma vir twee pragtige kids en vrou vir my man!”

Meer oor:  Binnelanders
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.