Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
IN FOTO’S: Pik Botha, die onderhandelaar en politikus

Oudminister Pik Botha is Vrydagoggend omstreeks 06:00 in sy slaap in sy huis in Akasia, Pretoria, dood. Hy was in ’n stadium die langsdienende minister van buitelandse sake in die wêreld.

Pik Botha was in ’n stadium die langsdienende minister van buitelandse sake in die wêreld. Foto: Argief
Danie Hough, administrateur-generaal van Suidwes-Afrika en later administrateur van Transvaal, genl. Magnus Malan, minister van verdediging in 1981, en Pik Botha. Al drie is nou dood. Foto: Argief
Pik Botha in 1983 saam met oudpres. PW Botha op ’n mediakonferensie van die Nasionale Party. Foto: Argief
Pik Botha (middel) in sy element. Botha en die Suid-Afrikaanse afvaardiging in gesprek met ’n Mosambiekse afvaardiging in Maart 1984. Aan Botha se regterkant sit Louis la Grange, minister van wet en orde, en links van hom genl. Magnus Malan en dr. Neil Barnard, hoof van die nasionale intelligensiediens. Dit was kort voor die ondertekening van die Nkomati-verdrag tussen Suid-Afrika en Mosambiek. Foto: Argief
Pik Botha (regs) in Maart 1984 tydens die onderhandelinge met ’n afvaardiging van Mosambiek. Foto: Argief
Pik Botha en oudpres. FW de Klerk, leier van die Nasionale Party, in April 1990 kort nadat die onderhandelinge vir ’n nuwe Suid-Afrika begin het. Foto: Argief
Pik Botha en oudpres. FW de Klerk in Januarie 1990 saam met dr. Lennot Sebe, president van die Ciskei-tuisland. Dit was kort voordat De Klerk die ANC ontban en Nelson Mandela vrygelaat het. Foto: Argief
PIk Botha en oudpres. FW de Klerk in April 1991. Foto: Argief
Die Kodesa-onderhandelinge in Kempton Park op 20 Desember 1991. Pik Botha (regs), saam met oudpres. FW de Klerk en dr. Gerrit Viljoen. Agter van links sit dr. Leon Wessels, Barend du Plessis en Cobie Coetsee. Foto: Argief
’n Jong seun hou ’n plakkaat vas van oudpres. FW de Klerk en Pik Botha. Op die plakkaat word gesê hulle word gesoek vir moord. Foto: Argief
Pik Botha, oudpres. FW de Klerk en dr. Dawie de Villiers in Oktober 1993. Botha was toe leier van die Nasionale Party in Transvaal en De Villiers die party se leier in Kaapland. De Klerk was die hoofleier. Foto: Argief

Meer oor:  Pik Botha
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.