Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
‘Influencer’ Katinka se troue gestroom

Sy het vrede met mense wat ’n mondvol te sê het omdat gaste R150 moes betaal om haar aanlyn troue by te woon.

Die Instagram-uitnodiging na Katinka Oosthuizen en Braam Weyers se aanlyn troue gister in Wildernis.

Só sê Katinka Oosthuizen (22), oftewel #katinkadiekat, wat 97 000 volgelinge op Instagram het. Sy het in 2018 aan die TV­realiteitsreeks Survivor SA deelgeneem. Mense het gister van 103 rekenaars op die kaartjieplatform Quicket ingeskakel om na dié troue in Wildernis, buite George, te kyk. Oosthuizen het ’n klassieke, wit trourok gedra en haar lang, blonde hare was in ’n poniestert vasgemaak.

In haar troubeloftes het sy haar bruidegom, Braam Weyers (21), bedank dat hy haar in die “moeilike tyd van die pandemie opgebou het”. Sy het hom as die man van haar drome beskryf en gesê sy sien uit na die res van hul lewe saam.

Weyers het belowe om altyd haar man te wees, haar te steun en lief te hê. “Ek belowe om altyd reg te staan met ’n stywe druk en ’n warm bad ná ’n slegte dag.”

Ná ’n boodskap uit 1 Korintiërs 13 het die pasgetroudes die huweliksregister en ’n seegroen troukoek gesny.

As jy die heeltyd almal happy hou, doen jy iets verkeerd.

Hul groot dag in Grabouw was reeds vir 9 Mei gereël. Oosthuizen sê toe die nasionale inperking aanvanklik met twee weke verleng is, het sy “geweet dit gaan nie gebeur nie”.

Sy en Weyers wou trou voordat hulle saam intrek. Twee weke gelede het hulle besluit om dié naweek voort te gaan met ’n “mini-troue” in Wildernis.

“Ons het besluit om dit vir ons gaste te stream. Toe besluit ons in daai geval kan ons dit netsowel ‘oopmaak.’ ”

Sy het Donderdag ’n uitnodiging op haar amptelike Instagram- en Facebook-rekeninge geplaas. Hoewel meer as 4 000 gebruikers die “hou van”-knoppie gedruk het, was daar ook negatiewe kommentaar. Een skryf: “This is just f***ing vile.” Hy het dit opgevolg met: “You can’t delete all the negative comments on twitter and fb.”

By dié foto wat Katinka Oosthuizen die afgelope week op Instagram geplaas het, skryf sy: “Jis ek love lewe saam jou. Kan ons net trou asb dankie.” Foto: Instagram

Oosthuizen sê sy het vrede met die negatiewe kommentaar.

“Ek lewe volgens twee goed. As jy die heeltyd almal happy hou, doen jy iets verkeerd. En mense is geregtig op hul opinie, maar ek vat dit nie hart toe nie.”

Oosthuizen sê sy het haar en Weyers se verhouding op 10 Augustus 2018 op Instagram bekend gemaak. “Dis wat ek doen as social media influencer.”

Die geld wat hulle uit die kaartjieverkope maak, wil hulle vir ’n deposito op ’n huis gebruik, sê Oosthuizen. Die egpaar verhuis eersdaags na Durbanville in die Wes-Kaap, waar hulle reeds ’n plek begin huur het.

Oor hul groot dag het sy Vrydag gesê: “Jy droom oor twee goed as klein dogtertjie: jou troue en jou man.”

Meer oor:  Grabouw  |  Huwelik  |  Survivor Sa  |  Bruilof
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.