Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Informele kappers: Bloed op haarknippers gevind

Bloed is op byna die helfte van haarknippers gevind wat deur informele haarkappers in Kaapstad gebruik word.

Dié navorsing is gedoen deur kenners van die Universiteit van Kaapstad wat 50 informele haarkappers in Langa, Gugulethu en Bonteheuwel genader het.

Sogenaamde skeerpuisies kan dan op die kopvel ontstaan, veral aan die agterkant van die kop.

Direk nadat mense se hare geskeer is, is die knippers geneem vir toetse.

In 8% van die gevalle is hepatitis B op die haarknippers gevind. Geen MIV is gevind nie.

Die spesifieke haarstyl wat gewild is by ongeveer 70% van swart mans in Kaapstad, is die “chiskop”, volgens die studie wat pas in die South African Medical Journal gepubliseer is.

Hiervoor word die kop kaalgeskeer deur ’n skeermeslemmetjie te gebruik, of net die metaalgedeelte van die elektriese haarknipper wat direk teen die kopvel gedruk word. Die knipper se plastiekkammetjies, byvoorbeeld nr. 2 of nr. 4, word glad nie gebruik nie.

Sogenaamde skeerpuisies kan dan op die kopvel ontstaan, veral aan die agterkant van die kop. Dit kan omskakel in permanente keloïede (groeisels) of puisies op die vel.

Die navorsing toon indien hare met ’n skeermeslemmetjie geskeer word, kom dié toestand in 10,7% van mense voor, en by 5,9% met die gebruik van ’n haarknipper. Soveel as 32% van mans wat op dié manier by informele haarkappers hul kop kaal laat skeer, se kopvel bloei. Selfs dié wat ’n ander styl verkies waar die styl geleidelik korter of langer is, loop ’n risiko.

Die kans vir die oordrag van virusse soos hepatitis B en MIV is kommerwekkend.

Die wonde is nie altyd sigbaar nie, maar toe dit met dempers getoets is, is die bloed gesien, selfs waar professionele haarkappers die haarsny gedoen het.

“Die kans vir die oordrag van virusse soos hepatitis B en MIV is kommerwekkend,” lui die studie. Dit was egter nie moontlik om vas te stel wanneer die betrokke haarknippers besmet is nie.

Die haarkappers gebruik meestal etielalkohol en metielalkohol om die haarknippers te ontsmet, maar dit maak glad nie virusse dood nie, volgens die studie. Daar word ook van oop vlamme gebruik gemaak, maar daar is nie data oor die doeltreffendheid daarvan nie.

UV-straling en nuwegenerasie-waterstofperoksiedmiddels word as die standaard vir ontsmetting aanbeveel.

Meer oor:  Universiteit Van Kaapstad  |  Langa  |  Bonteheuwel  |  Gugulethu  |  Bloed
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.