Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Ingenieurs bekyk skade aan dam in Benoni
’n Span ingenieurs gaan die omvang van skade aan die oorloop van ’n dam in Benoni in Gauteng ondersoek.Foto: VERSKAF

’n Span ingenieurs gaan die omvang van skade aan die oorloop van ’n dam in Benoni aan die Oos-Rand ondersoek.

Mzwandile Masina, die burgemeester van Ekurhuleni, sê water gaan na ’n rivier in die gebied gepomp word sodat ingenieurs so gou moontlik met hul werk kan begin. “Ons pomp 26 000 m³ water uit om die dam leeg te maak,” het Masina Donderdag aan die media gesê.

Sandsakke is Maandag by die dam aangebring om die watervloei af te lei en te keer dat die damwal breek.

Dit volg ná ’n waarskuwing wat deur Ekurhuleni aan die inwoners op Oukersaand uitgestuur is om versigtig te wees in die omgewing van die Tom Jones-wisselaar op die N12-hoofweg.

Meer oor:  Ekurhuleni  |  Oos-Rand  |  Benoni  |  Skade  |  Dam
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.