Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Inligting gevra oor man wat al weke vermis word
Adriaan Francios Scheepers van Port Elizabeth word sedert September vermis. Foto: Verskaf

Die familie van ’n man van Port Elizabeth wat al langer as sewe weke vermis word, hoop steeds dat hy opgespoor gaan word.

Adriaan Francios Scheepers (55) se familie soek sedert 30 September onverpoos na hom.

“Dit is regtig ’n moeilike en hartseer tyd. Ek kan nie glo dit gebeur nie,” het Louwrens Scheepers, Adriaan se jonger broer, Donderdag aan Netwerk24 gesê.

Die Saterdag voor sy verdwyning het Adriaan blykbaar ’n boodskap aan sy gewese vrou gestuur en gesê as iets met hom gebeur, moet sy en die kinders alles in sy woonstel gaan haal. Scheepers weet nie wat die rede agter sy broer se verdwyning is nie, maar erken die boodskap dui moontlik op ’n misdaad.

Adriaan is laas op 28 September deur sy verhuurder in Harlech-straat, Sherwood, gesien. Hy het glo die betrokke dag by die verhuurder se huis in- en uitgestap sonder om ’n woord te sê.

Die volgende middag het die verhuurder Adriaan se woonsteldeur oop aangetref en ondersoek ingestel, maar niemand was tuis nie. Buiten Adriaan se selfoon, was sy klere, beursie, motorfiets en bankkaart in die woonstel.

Volgens Scheepers het sy broer elke aand met sy twee kinders, wat 12 en 16 jaar oud is en by hul ma woon, op die telefoon gepraat en sou hy nie sy kommunikasie met hulle verbreek nie.

“Die eerste paar aande (ná die verdwyning) kon ek nie slaap nie. Ek het wakker gelê en gewonder of hy dalk êrens in die bosse lê, koud kry of honger is.

“Al wat ons wil hê, is afsluiting. Ons wil graag hê mense moet help met inligting sodat hy gevind word,” het Scheepers gesê.

Kapt. Sandra Janse van Rensburg, polisiewoordvoerder, sê die soektog na Adriaan duur voort. Hoewel alle leidrade opvolg word, het dit tot dusver niks opgelewer nie.

Enigiemand wat die polisie in sy ondersoek kan help, word gevra om die Kabegapark-polisiekantoor se speurtak by 041 397 6802 of 082 442 1282 te skakel.

Meer oor:  Port-Elizabeth  |  Vermis  |  Familie  |  Inligting
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.