Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Inperking: Só word jou sepies geraak

Al word die meeste Afrikaanse sepies en programme vooraf opgeneem, word daar reeds planne gemaak om te verseker dat dié kykstof nie later vanjaar weens die staat van inperking opraak nie.

Besonderhede oor die spesifieke planne is egter nog nie bekend gemaak nie.

Die staat van inperking tree Donderdag om middernag in werking en vir 21 dae duur.

Reandi Grey, wat die rol van Esti Fouché in ‘7de Laan’ vertolk, stel kykers gerus dat hul episodes al tot 25 Mei opgeneem is. Foto: Verskaf

Volgens Reggy Moalusi, hoof van MultiChoice se korporatiewe sake in Suid-Afrika, sal die verfilming van kykNET se daaglikse programme tydens die 21 dae gestaak word. Dit sluit in Binnelanders, Suidooster, Arendsvlei en Getroud Met Rugby.

“Die staat van inperking, wat tot 16 April duur, sal nie die huidige uitsaaiskedules van die daaglikse dramas beïnvloed nie omdat die episodes reeds opgeneem is.

“Sommige van die produksies is reeds op beplande produksiebreuke,” sê Moalusi in ’n verklaring.

Die vervaardigers en kykNET se inhoudspan werk aan strategieë om die impak van die koronavirus op die vermaaklikheidsbedryf te beperk.

Die sepie 7de Laan, wat weeksaande op SABC2 uitgesaai word, sal ook vanaf Woensdag nie meer opgeneem word nie. Luidens ’n verklaring van 7de Laan se woordvoerder, Kayleen Bessit, word episodes vir die sepie twee maande vooruit opgeneem en is daar vir tot 25 Mei nog episodes.

“Terwyl daar onsekerheid oor die toekoms is, kan ons net hoop dat deur ons kant te bring ons kollektiewe poging die gewenste uitkoms sal hê in die poging om die verspreiding van die koronavirus te keer en die mees kwesbare mense te beskerm.”

Simoné Pretorius, wat die rol van René Spies in ‘Binnelanders’ vertolk, Dinsdag op die sepie se stel. Binnelanders staak hul opnames vir die duur van die staat van inperking. Foto: Instagram

Die Afrikaanse leefstylkanaal VIA sê sy TV-skedule vir April bly onveranderd.

“Die impak van die inperking sal eers Mei se skedule begin raak, maar ons is in verbinding met ons vervaardigers wat besig is om hul onderskeie produksies te assesseer,” sê Izelle Venter, VIA se kanaalhoof.

Suid-Afrika het Woensdag 709 bevestigde gevalle van Covid-19 gehad.

Meer oor:  Reggy Moalusi  |  Inperking  |  Koronavirus  |  Sepies
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.