Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Insleepvoertuig val ook om toe hy lorrie wil ophys

’n Insleepvoertuig wat ’n vragmotor wou ophys, wat in die Suid-Vrystaat in die gietende reën omgeslaan het, het self omgeslaan toe ’n ketting gebreek het.

Die twee vragmotors lê Donderdag hier tussen Springfontein en Trompsburg in die gietende reën. Foto: Verskaf
Daar is tot donker gespook om die twee vragmotors weer terug op hul wiele te kry tussen Springfontein en Trompsburg in die Suid-Vrystaat nadat die eerste een al om 08:40 omgeval het. Foto: Verskaf

Konst. Pieter Kareli, woordvoerder van die Vrystaatse polisie, sê die vragmotor het Donderdag omstreeks 08:40 vermoedelik net anderkant Springfontein op pad na Trompsburg in die reën gegly en op sy kant beland.

Volgens Kareli was die vragmotor leeg, behalwe vir ’n paar bokse.

“Die vragmotor is nie erg beskadig nie en die insittendes is ook nie beseer nie.”

Car Towing Services het ’n swaar insleepvoertuig gestuur om die vragmotor op sy wiele te kry. Die ketting waarmee die vragmotor opgehys is, het gebreek en die insleepvoertuig het ook omgeval.

Car Towing Services moes noodgedwonge ’n tweede insleepvoertuig na die toneel stuur. Die onderneming se insleepvoertuig is eers weer op sy wiele gekry, waarna altwee insleepvoertuie ingespan is om die vragmotor op sy wiele te kry.

“Donderdagaand is tot donker gespook om die eerste vragmotor weer op sy wiele te kry.”

De Wet Raubenheimer, bemarker vir Car Towing Services, sê hulle is bly dat niemand seergekry nie.

“Ek is baie dankbaar dat die personeel so flink ingespring het om te help. Hulle het baie goed gereageer. Ons is gelukkig dat ons insleepvoertuig ook minimale skade opgedoen het.”

Meer oor:  Vrystaat  |  Botsing  |  Reën
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.