Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Internasionale eer vir filantroop van SA
Dr. Christian Kälin, groephoof van Henley & Partners, skud blad met dr. Imtiaz Sooliman van Gift of the Givers nadat Sooliman die Global Citizen Award Vrydag in Londen ontvang het. Foto: Verskaf

Die Suid-Afrikaanse filantroop en stigter van die Gift of the Givers-stigting, dr. Imtiaz Sooliman, het die gesogte Global Citizen Award in Londen gewen.

Dr. Christian Kälin, groephoof van Henley & Partners, sê die Global Citizen Award word jaarliks aan ’n inspirerende individu toegeken wat ’n buitengewone bydra tot die verbetering van ’n globale gemeenskap maak.

“Dr. Sooliman het beslis die toekenning verdien omdat sy werk innoverend en visioenêr is. Hy het buitengewone moed en toegewydheid getoon en die werk wat sy stigting doen, het ’n noemenswaardige impak op die lewe van die mees kwesbare in ons globale gemeenskap,” het Kälin gesê.

Sooliman het die toekenning Vrydag in Londen ontvang.

Sedert die stigting van Gift of the Givers in 1992 het hy gesorg dat dit die grootste rampverligtingsorganisasie in Afrika word.

Dit is ’n wonderlike geleentheid om te wys waartoe die kontinent alles in staat is.
Dr. Imtiaz Sooliman

Sy span van 200 verskaf mediese hulp, -toerusting en -voorraad.

Hulle verskaf ook kos en water aan miljoene mense elke jaar.

Ná die groot aardbewing in Haïti in 2010, het hulle vier reddingspanne en hulpmateriaal na die land gestuur om te help.

Die stigting het ook die wêreld se eerste en enigste hospitaal in vraghouers gebou (containerized hospital) wat uit 28 eenhede bestaan.

Toe Sooliman die toekenning ontvang, het hy gesê die eerbetoon is ’n belangrike erkenning vir die noemenswaardige werk wat deur nie-regeringsorganisasies in Afrika gedoen word.

“Dit is ’n wonderlike geleentheid om te wys waartoe die kontinent alles in staat is. Om met so ’n toekenning vereer te word, beteken ons het die globale stempel van goedkeuring wat help bou aan die selfvertroue in ander om nie-regeringsorganisasies in Afrika te help,” het Sooliman gesê.

Meer oor:  Gift Of The Givers  |  Londen
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.