Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Internasionale reise na, van SA hervat

Internasionale reise na en van Suid-Afrika word volledig hervat, het die departement van binnelandse sake by navraag laat blyk.

David Hlabane, ’n woordvoerder van die departement, het Netwerk24 verwys na regulasies wat in die Staatskoerant gepubliseer is wat voriges in die verband vervang, en op 12 November om 00:01 in werking getree het.

Pres. Cyril Ramaphosa het Woensdagaand in ’n toespraak oor die jongste Covid-19-maatreëls aan Suid-Afrikaners gesê internasionale reis na alle lande word oopgestel mits die nodige voorsorgmaatreëls nagekom word.

Volgens die regulasies wat die oues vervang, word die 18 landsgrense wat gedeeltelik oop was nou ten volle oopgestel. Die 34 wat toe was, bly egter toe.

Reise na en van Suid-Afrika en alle internasionale reise hervat, maar alle reisigers moet ’n sertifikaat toon dat hulle 72 uur tevore negatief getoets is vir Covid-19. As hulle nie so ’n sertifikaat kan toon nie, sal hulle op hul eie koste in kwarantyn moet gaan.

Foto: Pixabay

Internasionale lugreise word beperk tot die O.R. Tambo-lughawe in Gauteng, die King Shaka in Durban en die Kaapstadse lughawe.

Daaglikse pendelaars van buurlande wat ’n skool in Suid-Afrika bywoon of daar skoolhou, en wat Suid-Afrika mag binnekom of uitgaan, moet voldoen aan protokolle soos sifting vir Covid-19, kwarantyn en isolasie indien dit nodig blyk te wees, die dra van ’n gesigmasker, en sanitasie en die handhawing van gesonde afstande.

Luidens die regulasies word alle kommersiële seehawens ook oopgestel en die hervat van dienste vir aansoeke om visums sal vasgestel word in riglyne wat uitgereik moet word deur die kabinetslid wat verantwoordelik is vir buitelandse sake. Protokolle sal ook vasgestel word om seker te maak dat reisigers wat positief vir Covid-19 getoets is, nie in Suid-Afrika toegelaat word nie.

Meer oor:  Toerisme  |  Reis
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.