Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Investec-baas is Sakeleier van die Jaar

Hendrik du Toit (57), medestigter van Investec Batebestuur en tans mede- uitvoerende hoof van die Investec-groep, is Donderdagaand as Die Burger, Netwerk24 en Kaapstad Sakekamer se Sakeleier van die Jaar aangewys.

Hendrik du Toit, medestigter van Investec Batebestuur, op die balkon van Investec se gebou in die Kaapse middestad. Hy is gisteraand as Die Burger en Kaapstad Sakekamer se Sakeleier van die Jaar aangewys. Foto: Jaco Marais

Du Toit het Investec Batebestuur in 1991 help stig, en het dit oor die afgelope 28 jaar vanuit Kaapstad uitgebou tot ’n internasionale beleggingsbestuursfirma, wat ook sy vlerke sprei om na Amerika en China uit te brei.

Hy is tans mede-hoof van die groter Investec-groep, maar gaan volgende jaar terugkeer as hoof van Investec Batebestuur wanneer dié onderneming afsonderlik op die JSE en in Londen genoteer gaan word.

Du Toit vertel hoe hy as skoolseun meer oor die aandelemark begin leer het toe hy uit die koerant die aandeelpryse vir iemand moes lees wat dit nie meer mooi kon sien nie.

Hy het later B.Com Regte, ’n B.Com honneurs in ekonomie en ’n M. Com in ekonomie en internasionale finansies, laasgenoemde twee albei cum laude, aan die Universiteit Stellenbosch behaal. Hy het ook ’n meestersgraad in ekonomie en internasionale finansies by Cambridge behaal voordat hy sy loopbaan as beleggingsontleder by Old Mutual begin het. Dis hier waar Investec hom opgeraap het om ’n nuwe batebestuursafdeling by die bankgroep te begin.

By dieselfde spoggeleentheid in die Westin-hotel gisteraand is hoofregter Mogoeng Mogoeng vereer met die Kaapstad Sakekamer, Die Burger en Netwerk24 se Ambassadeursprys. Dit is ’n spesiale prys wat jaarliks by die Sakeleier-geleentheid gegee word aan iemand wat ’n spesiale bydrae gemaak het om Suid-Afrika se internasionale aansien te verhoog.


Meer oor:  Die Burger  |  Hendrik Du Toit  |  Sakeleier Van Die Jaar  |  Sake
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.