Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Inwoners het gekla oor hysbak waarin vrou sterf

’n Vrou in haar 40's is Sondag dood nadat ’n kabel van ’n hysbak in ’n woonstelgebou in Doornfontein in Johannesburg gebreek en die hysbak 26 vloere boontoe geskiet het.

Shawn Herbst van Netcare911 sê die hysbak het opgeskiet en die dak van die gebou getref.

Die vrou het ernstige kopbeserings opgedoen. “Nooddienswerkers het alles moontlik gedoen om haar te red, maar sy is aan haar beserings dood.”

Volgens Herbst was daar ook ’n man in die hysbak. Hy kon daarin slaag om op ’n manier uit die hysbak te kom. ER24 het ook gehelp met die reddingspoging om die mense uit die hysbak te kry.

Die beseerde man is per ambulans na ’n nabygeleë hospitaal gebring.

News24 berig die hysbak in die 120 End Street High Rise-woonstelgebou het die afgelope twee jaar probleme veroorsaak.

“Die hysbak is ’n probleem hier. Dit stop in die middel van vloere. Ander kere haak dit vas en dan begin dit weer beweeg. Partykeer sal die hysbak stop en dit sal in die middel van twee vloere wees. Dit het ook al vasgehaak in die kelder van die gebou,” het Bea Campbell-Cloete aan News24 gesê.

Sy sê inwoners vra die bestuur van die gebou al lank om die hysbakke te herstel.

Meer oor:  Johannesburg  |  Hysbak  |  Dood  |  Ongeluk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.