Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Inwoners van Darling ruk op oor behuising

Gewelddadige betogings het Maandag in Darling langs die Weskus uitgebreek nadat betogers die strate ingevaar het om beter behuising en dienslewering te eis.

Die polisie en ander wetstoepassingsagentskappe is Sondag ingeroep om inwoners te monitor wat ’n openbare vergadering gehou het.

Die polisie en inwoners het egter slaags geraak en gebots.

Archie Mbele, gemeenskapsleier en koördineerder van die protesaksie, het gesê die gemeenskap het Sondag ’n vergadering gehou om hul pleidooi te bespreek toe lede van die polisie se eenheid vir openbare orde in die dorp aangekom het en inwoners hardhandige behandel het.

“Hulle het soos cowboys op ons mense geskiet. Hulle het net begin losbrand, verskeie mense is beseer en vir behandeling geneem. Die polisie het traanrook gebruik en inwoners soos misdadigers behandel,” het Mbele gesê.

Mbele sê die gemeenskap het in September ook opgeruk oor behuisingskwessies, maar niemand het gehoor gegee aan hul eise nie.

“Mense soek beter behuising en laer elektrisiteitsrekeninge. Ons wil hê die burgemeester van Swartland, Tijmen van Essen, moet in die pad gesteek word oor sy rassistiese opmerking teenoor bruin mense.”

Die burgemeester het na bewering op ’n vergadering in Moorreesburg verklaar dat bruin mense nie bevoeg is om leierskap- of ampsposte te beklee nie.

Van Essen het die aantygings vroeër ten sterkste ontken en gesê dis belaglik. Die DA ondersoek egter die saak.

Honderde gemeenskapslede het Maandagoggend paaie versper en motorbande gebrand en voor die Swartland- munisipale gebou saamgedrom om hul memorandum te oorhandig.

Inwoners in Darling het Maandag die strate ingevaar vir beter behuising. Foto: Verskaf

Meer oor:  Darling  |  Betoging
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.