Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Is man wat pastoor uit dood ‘opwek’ nou dood?

Te midde van gerugte dat die vermeende bedrieër Elliot Moyo dood is, het die polisie in Gauteng Maandag gesê hy het nie amptelike bevestiging ontvang van die afsterwe van die man wat einde Februarie glo deur pastoor Alph Lukau “uit die dood opgewek” is nie.

Kapt. Kay Makhubele, polisiewoordvoerder, sê die soektog na Moyo duur voort en hy word steeds as ’n voortvlugtende beskou totdat die polisie kan bevestig dat hy dood is.

Elliot Moyo “word uit die dood opgewek” deur past. Alph Lukau in ’n video wat in Februarie wyd op sosiale media gedeel is.Foto: Twitter

Die Zimbabwiese weeklikse koerant B-Metro het intussen berig Moyo is in werklikheid Thabiso Proud Mlanje.

Dié 28-jarige Moyo is glo op 3 April dood, twee dae nadat hy na St. Luke’s-hospitaal in Lupane in Zimbabwe oorgeplaas is. Hy is glo by sy pa se blyplek in Dandanda Village begrawe.

Sy ouma Emily Moyo het aan B-Metro gesê haar kleinseun het aanmekaar bloed opgebring en het ’n “pynlike dood gesterf”.

Moyo was sewe jaar in Suid-Afrika waar hy nou gesoek word weens bedrog wat met sy “opwekking uit die dood” verband hou.

Volgens B-Metro het Moyo in Februarie siek geraak. Ná sy “opwekking” het hy nie behoorlik herstel nie. Hy is op 8 Maart saam met sy vrou terug na Zimbabwe.

In Februarie het ’n video op sosiale media die rondte gedoen van hoe Lukau van Alleluia International Ministries in Kramerville, Sandton, “die wonderwerk van die opwekking uit die dood doen”.

Meer oor:  Elliot Moyo  |  Pastoor Alph Lukau  |  Gauteng  |  Pastoor  |  Dood  |  Opwekking
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.