Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Jaagduiwels in W-Kaap kom hul moses teë

Die owerhede in die Wes-Kaap het 28 jaagduiwels sedert die begin van die feestyd in Desember op die “pad van die dood” aangekeer.

Kenny Africa, provinsiale verkeershoof, sê 18 mense is tot dusver in Beaufort-Wes en tien in Laingsburg vir spoedoortredings vasgetrek.

Africa sê Donderdag is ’n 54-jarige man in hegtenis geneem nadat hy 163 km/h in ’n 120 km/h-sone op die N1 tussen Touwsrivier en Laingsburg gery het.

“Hy word in die Laingsburg-polisiekantoor aangehou en sal binnekort in die hof verskyn.”

Kort daarna is ’n 36-jarige man in Beaufort-Wes aangekeer omdat hy 163 km/h tussen Leeu-Gamka en Beaufort-Wes en 162 km/h tussen Laingsburg en die Dwyka-brug gery het.

“Die man is vir spoedoortredings in hegtenis geneem en het ook nie ’n rybewys nie.”

Hy word in die Beaufort-Wes-polisiekantoor aangehou.

Africa het mense gewaarsku om nie op die provinsie se paaie te jaag nie.

“As jy te vinnig ry, gaan jy jou moses teëkom. Dit is nie ’n grap nie. Jy gaan toegesluit en van roekelose en nalatige bestuur aangekla word.”

Meer oor:  Kenny Africa  |  Wes-Kaap  |  Spoedoortredings  |  Jaagduiwels
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.