Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Jaar van Mandela en Sisulu afgesluit op Robbeneiland
Die uitsig oor Robbeneiland vanuit oudpres. Nelson Mandela se sel. Foto: Jaco Marais

’n Nagwaak is Woensdag op Robbeneiland gehou om die jaar waarin die ontslape oudpres. Nelson Mandela en wyle Albertina Sisulu hul 100ste verjaarsdae sou vier, te herdenk.

Die 12 uur lange nagwaak het die jaar wat toegeken is om dié ikone se 100ste verjaarsdae te vier, afgesluit.

Die aand op Robbeneiland het die geleentheid gebied om na te dink oor die opofferings wat Mandela, Sisulu en talle ander vryheidsvegters gemaak het in die strewe na ’n vry en demokratiese Suid-Afrika.

Kerse is aangesteek ter herinnering en as eerbetoon aan gestorwe vryheidsvegters. Foto: Jaco Marais
Die son sak oor Robbeneiland, waar ’n nagwaak Woensdag gehou is. Foto: Jaco Marais

Sowat 135 besoekers, wat voormalige politieke gevangenes, mense van verskillende gelowe en lede van die publiek insluit, het die verrigtinge op die eiland bygewoon.

5 Desember is veral betekenisvol omdat dit die herdenkingsdag van Mandela se dood is asook die dag waarop Robert Sobukwe, stigter van die Pan Africanist Congress, gebore is.

’n Stille pelgrimstog is na die tronk gehou en hulle het ook die huis besoek waarin Sobukwe gewoon het en waar hy in isolasie aangehou is.

Sobukwe het van daar sy graad in ekonomie aan die Universiteit van Londen verwerf.

“Die geleentheid om só te dink aan die helde wat gehelp het om ons vryheid te verseker, is ’n geleentheid wat ’n mens net een keer in jou lewe kry, sê Morongoa Ramaboa, woordvoerder vir die Robbeneiland-museum.

“Almal wat daar was het eer gebring aan verskillende ikone deur ’n kers aan te steek.”

Ramaboa sê deel van die museum se plig is om seker te maak hulle deel akkurate inligting oor die geskiedenis van die eiland, sowel as diegene wat daar toegesluit was weens hul ideologieë.

Die program het praatjies, musiek, dans, sang en poësie ingesluit.

Mense is die kans gebied om verskillende afdelings van die tronk te besoek terwyl voormalige gevangenes stories gedeel het.

Talle sprekers was aan die woord. Bandile Joyi, lid van die PAC en ’n voormalige gevangene op die eiland, het sy storie gedeel. Foto: Jaco Marais
Die Ikamva Marimba-orkes het mense met musiek vermaak. Foto: Jaco Marais
Die Suid-Afrikaanse vlag wapper aan die veerboot wat plaaslike besoekers na Robbeneiland toe neem. Foto: Jaco Marais

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.