Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Jackson Mthembu sterf aan Covid-19

Jackson Mthembu, minister in die presidensie en wat ’n groot rol gespeel het in die regering se hantering van die koronaviruspandemie, is Donderdag aan die virussiekte dood.

Mthembu is in 1958 in Witbank in die destydse Transvaal gebore. Hy het brandarm grootgeword op die Kromkrans-natuurreservaat, en het vanaf sewejarige ouderdom saam met sy ouma, wat hom grootgemaak het, op die mielielande gewerk.

Na skool het hy sy studies aan die Fort Hare-Universiteit voortgesit, maar hy is later geskors. Tussen 1980 en 1988 het hy by Highveld Steel gewerk waar hy later tot voorman bevorder is. In dieselfde tydperk was hy ook ’n senior lid van die Metal and Allied Workers Union en die Witbank Onderrig-krisiskomitee.

In die noodtoestand onder apartheid in die 1980’s het Mthembu dikwels met die gereg gebots. Hy is selfs van hoogverraad aangekla, maar is in 1988 hiervan vrygespreek. Hy het hierna ’n ondersteunersgroep van die South West African People’s Orginization (Swapo) gelei tot Namibië se eerste demokratiese verkiesing.

Vir twee jaar voor 1990 was Mthembu ook betrokke by die United Democratic Front (UDF) voordat hy die woordvoerder van die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke geword het. Hy was Rooms-katoliek en ’n Metodis.

Vanaf 1990 tot 1994 was Mthembu die ANC-woordvoerder in die Oos-Transvaal en later was hy die party se nasionale woordvoerder. Hy was ook ’n LUR vir paaie en openbare vervoer in Mpumalanga.

Mthembu het in 2010 in die landdroshof in Kaapstad skuld erken op ’n aanklag van dronkbestuur. Hy is ’n boete van R12 000 hiervoor opgelê.

Hy het daarna die drankbottel weggesit en later vir vermeende staatskapers opdraende in die Nasionale Vergadering (NV) gegee nadat hy in 2016 as hoofsweep van die ANC aangestel is.

In 2017 het hy van sy kollegas en oudpres. Jacob Zuma uitgedaag deur ’n debat oor staatskaping in die NV toe te laat. Hy het openlik pres. Cyril Ramaphosa, toe nog adjunkpresident, ondersteun voor die ANC se Nasrec-verkiesingskonferensie in 2017.

Sy weduwee is Thembi Mthembu. Hy is die pa van twee dogters en vier seuns. Sy oudste dogter, Khwezi Mthembu, het op 25-jarige ouderdom in Maart 2019 haar eie lewe geneem. Die tragiese voorval het gebeur by die familie se huis in Pelican, waar die ANC-parlementslede in Kaapstad woon.

Mthembu is in 2019 as minister in die presidensie aangestel. Hy was deel van die sleutelspan van ministers wat sedert April verlede jaar oor die staat van inperking met die media en die publiek gekommunikeer het.

Hy het dikwels die mediakonferensies gefasiliteer waarop ander kabinetsministers nuwe regulasies aan die publiek moes verduidelik nadat Ramaphosa dit aangekondig het.


Meer oor:  Koronavirus  |  Jackson Mthembu  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.