Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Jacobu ’n ‘trotse ma’ – 'baba' lyk na Hennie
Hennie en Jacobu Lötter by vriende se troue sowat drie weke nadat hulle self afgehaak het.Foto: Instagram/@hennielotter
Jacobu Lötter met die klein bobbejaantjie waaroor Hennie in die sosiale media gegrap het.Foto: Instagram/@hennielotter

Dit lyk asof Hennie en Jacobu Lötter nog nooit opgehou lag het sedert hulle mekaar ontmoet het nie.

Dié grapjas-paartjie van Boer soek ’n vrou se negende seisoen is vroeg in Oktober getroud en woon deesdae gelukkig saam op Lötter se plaas naby Willowmore in die Oos-Kaap.

Jacobu het nie aanvanklik vir Hennie ingeskryf nie, maar hulle het mekaar op die reünie-episode ontmoet en dadelik oor die weg gekom.

Hennie het hul aanhangers onlangs weer laat giggel toe hy ’n foto op Instagram geplaas het van Jacobu as “trotse ma”. In die foto hou sy vrou ’n klein bobbejaantjie vas. “Wonder net wie is die pa!” skerts Hennie in die onderskrif by die foto.

Hennie en Jacobu Lötter is in Oktober getroud nadat hulle mekaar verlede jaar omstreeks dieselfde tyd op die stel van Boer soek ’n vrou se reünie-episode ontmoet het. Foto: Instagram/@lynellepienaarphotography

Hy sê ander mense het die bobbejaantjie gered nadat sy ma weggehardloop het. Jacobu is baie lief vir diere en het dit geniet om dié bobbejaantjie Saterdag vas te hou voordat hy na ’n organisasie in Port Elizabeth geneem is vir rehabilitasie.

Heelwat mense het onder die foto kommentaar gelewer dat Jacobu se “nuwe kind” op Hennie trek. Jacobu se suster, Magdel, het geskryf die kind is “definitief” Hennie s’n. “Daai ogies lyk net soos pa Hennie,” het een aanhanger geskryf.

Hennie sê daar is heelwat troeteldiere vir Jacobu op die plaas, onder meer honde, katte, hoenders en makoue.

“Sy hou van ’n stukkie dier,” sê hy.

“Dit gaan lekker aan die gang,” sê hy oor hoe dit met hulle gaan. Die pasgetroude paartjie fokus tans daarop om alles gereed te kry vir hul padstal, Kapoet, voordat vakansiegangers daarlangs verbykom. “Ons hardloop lekker rond,” sê hy.

Hennie het ook onlangs ’n skreeusnaakse video geplaas waarin Jacobu ’n oortuigende weergawe van “Lekker Ou Jan” op ’n kitaar speel en saamsing.

“Sy sê vir my sy kan nie kitaar speel nie, maar lyk my sy kan nog sing daarby ook,” sê Hennie oor die grappige video waarvoor die bekende tant Grietjie van Garies glo die rolmodel was.

Meer oor:  Hennie Lötter  |  Jacobu Lötter  |  Willowmore  |  Celebs  |  Boer Soek 'N Vrou  |  Vermaak
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.