Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Jagter ‘in oorlewingstryd’ nadat buffel hom gaffel

’n Oorlewingstryd. Dit is waarin die beroepsjagter van Limpopo wat deur ’n buffel se horings deurboor is, en sy familie gewikkel is.

FC Prinsloo (43) van Modimolle (Nylstroom) is Donderdag weer in die staatshospitaal in Polokwane geopereer.

Johan, sy broer, sê sedert die voorval verlede Dinsdag “is dit ’n oorlewingstryd”.

“Die operasie was om te kyk dat daar nie infeksie in van die wonde is nie,” sê Johan.

Prinsloo, ’n beroepsjagter by Bushmans Quiver Quality African Safaris, is steeds in ’n bedenklike toestand in die hospitaal se waakeenheid. Hy is onder swaar verdowing en aan ’n asemhalingstoestel gekoppel.

FC Prinsloo (43), ’n beroepsjagter van Limpopo, is verlede week deur ’n buffel gegaffel.Foto: Verskaf

Stephan van der Merwe, eienaar van Bushmans Quiver Quality African Safaris, sê Prinsloo se toestand is nog nie stabiel genoeg sodat hy na ’n private hospitaal in Polokwane oorgeplaas kan word nie.

Hy het baie ernstige beserings opgedoen, waaronder ’n gat in sy een long waar van sy gebreekte ribbes ingesteek het.

Johan sê sy broer het verlede week ’n hoë koors en infeksie opgedoen.

Van der Merwe en Prinsloo was verlede Dinsdag in die Makuya-gebied in die noordooste van Limpopo digby die Krugerwildtuin toe ’n beseerde buffelbul Prinsloo bestorm het.

Die buffelbul het ’n draad-strik wat deur stropers gestel is om sy linkervoorbeen gehad en het Prinsloo se regterbeen en bors met sy horings deurboor.

Van der Merwe en die spoorsnyers moes ’n draagbaar maak uit boomtakke en die materiaal van hul geweersakke om Prinsloo uit die beboste gebied te dra. ’n Private helikopter het Prinsloo op die Masisi-pad opgelaai en na die provinsiale hospitaal in Musina gebring. Hy is gestabiliseer voordat hy per helikopter na Polokwane geneem is.

Die Professionele Jagtersvereniging van Suid-Afrika se bewarings-en-bemagtigingsfonds het verlede week begin met ’n geldinsamelingsveldtog sodat Prinsloo, wat nie aan ’n mediese fonds behoort nie, na ’n private hospitaal oorgeplaas kan word.

Meer oor:  Beroepsjagter  |  Fc Prinsloo  |  Buffel
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.